Pos beskikbaar: Redakteur – Human & Rousseau Fiksie (Kaapstad)

  • 0

NB-Uitgewers bied ’n uitdagende geleentheid vir ’n ambisieuse en dinamiese persoon wat belangstel in ’n loopbaan in die uitgewerswese. Human & Rousseau is een van die land se mees vooraanstaande drukname, met ’n ryke publikasiegeskiedenis, en is bekend vir die wye verskeidenheid fiksietitels wat onder sy vaandel uitgegee word. Die suksesvolle aansoeker sal by alle aspekte rondom die uitgee van fiksiepublikasies betrek word. ’n Tersiêre kwalifikasie in Afrikaanse en/of Engelse letterkunde is ’n voorvereiste, en ’n kwalifikasie in Joernalistiek/Uitgewerswese sal tot die voordeel van die kandidaat strek.

Die suksesvolle kandidaat:

  • het ’n B-graad of ander tersaaklike kwalifikasie
  • het ’n groot belangstelling in kommersiële fiksie in Afrikaans (vrouefiksie, spanningsromans en liefdesverhale)
  • het uitstekende redaksionele vaardighede in Afrikaans, en kan puik kopie skryf en goed kommunikeer
  • het uitstekende organisatoriese vaardighede, is stiptelik en haal spertye 
  • is energiek, skeppend, innoverend en passievol 
  • kan geleenthede raaksien en aangryp
  • werk goed saam met ander mense, maar kan onafhanklik werk en is buigsaam
  • het ten minste een of twee jaar ervaring in projekbestuur in die uitgewers- of mediabedryf
  • is rekenaarvaardig (MS Word, Excel, Powerpoint, Outlook)

Die pos bied: 

  • die geleentheid om deel te wees van ’n dinamiese, skeppende span
  • ’n mededingende vergoedingspakket

Doen aansoeke op Media24 se webblad by: http://media24.eng.external.erecruit.co.za/candidateapp/Jobs/View/170927-1/Editor-_Human_-_Rousseau_Fiction 

Ingevolge NB-Uitgewers se diensbillikheidsbeleid sal voorkeur verleen word aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe.

Aansoeke sluit 13 Oktober 2017.

Aansoekers wat nie binne twee weke ná die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, kan aanvaar hul aansoek was nie suksesvol nie.

NB-Uitgewers is onder geen verpligting om die pos te vul nie.

Aansoekers kan ons webtuiste www.nb.co.za besoek vir agtergrondsinligting oor NB-Uitgewers en ons publikasielys.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top