Pos beskikbaar: LitNet Akademies Produksiebestuurder

  • 0

LitNet Akademies: Produksiebestuurder

LitNet benodig ’n persoon met ’n belangstelling in:

  • Afrikaanstalige navorsing
  • die dryf van gesprek rondom akademiese en aktuele sake
  • die benutting van tegnologie binne ’n akademiese en aanlyn omgewing.

Die suksesvolle aansoeker sal as produksiebestuurder van LitNet se geakkrediteerde aanlyn joernaal, LitNet Akademies, optree en so gou moontlik by die LitNet-span aansluit.

Hierdie pos bied ’n uitmuntende geleentheid vir ’n jong, ontwikkelende akademikus wat insig en ervaring wil verkry op die gebied van die generering, bestuur en administrasie van navorsing. LitNet Akademies vorm deel van LitNet, wat ’n kreatiewe en dinamiese werksomgewing verseker.

Daaglikse take sal onder meer die volgende behels:

  • Koördinering van alle aspekte rakende LitNet Akademies onder leiding van die redaksionele bestuurder en die hoofredakteur: LitNet Akademies
  • Bestuurskakeling (LitNet, LitNet Akademies-redaksie en Adviesraad)
  • Korrespondensie met navorsers, keurders, borge, media, ens.
  • Finansiële administrasie
  • Koördinering van aanlyn seminare, onderhoude en ander materiaal rakende  LitNet Akademies
  • Bemarking van LitNet Akademies op alle LitNet-platforms, insluitend sosiale media
  • Opstel van kwartaallikse en ander verslae
  • Administrasie, insluitend produksielyste en databassise
  • Voorbereiding van artikels vir portuurbeoordeling volgens stylriglyne
  • Laai van artikels op LitNet en formatering van tydskrifuitgawes (pdf-formaat)
  • Koördinering van nuwe LitNet Akademies-projekte, wat tegnologiese vernuwing sal insluit
  • Aanverwante pligte.

Gesonde akademiese oordeelsvermoë wat lei tot intelligente redaksionele besluite, in samewerking met die hoofredaksie, sal in ’n kandidaat guns tel; so ook ’n kreatiewe oog om akademiese navorsing visueel te bemark.

Rekenaarvaardigheid en uitstekende Afrikaanse taalvermoë is noodsaaklik, asook belangstelling in die aanlyn omgewing.

Die pos is ’n kontrakpos van een jaar en werksure en vergoeding is onderhandelbaar. Die suksesvolle kandidaat sal vanuit die LitNet-kantoor in Dorpstraat, Stellenbosch werk.

Stuur ’n Afrikaanse CV en dekbrief aan Etienne van Heerden én Naomi Bruwer by onderskeidelik etiennev@mweb.co.za en naomibruwer@litnet.co.za of skakel Naomi Bruwer by 021 886 5169 met enige navrae.

Aansoeke sluit 25 Julie 2014.

LitNet behou die reg om nie 'n aanstelling te maak nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top