Pos beskikbaar: Akademiese-boekspesialis – Protea Boekwinkel (Stellenbosch)

  • 0

Akademiese-boekspesialis (Stellenbosch)

Pligte en verantwoordelikhede

Bestuur van die akademiese afdeling, insluitende:

  • Skakeling met uitgewers, lektore en studente
  • Handhawing en uitbreiding van verhoudings met akademiese instellings en personeel
  • Opstel van voorgeskrewe boeklyste
  • Voorraadbestuur
  • Onderhoud van die winkel se stelsels
  • Opstel van gereelde en ad hoc verkoops- en ander verslae
  • Handhawing van hoë vlak van klantediens
  • Bemarking: ondersoek en ontwikkel nuwe verkoops- en ander geleenthede
  • Sekuriteit
  • Administratiewe take

Vereistes

  • Uitgebreide ervaring in en kennis van die kleinhandel akademiese boekbedryf
  • Bestuurslisensie en eie vervoer
  • Bereidwilligheid om oortyd, naweke en openbare vakansiedae te werk, indien nodig
  • Kennis van MS Outlook, Excel, Word en Explorer. Kennis van Pastel nie ’n vereiste nie maar sal voordelig wees
  • Wordstock-kennis sal ’n voordeel wees
  • Effektiewe verbale en skriftelike kommunikasie
  • Vermoë om op professionele wyse met uitgewers, lektore, klante en studente te skakel
  • Ondernemende gees en vermoëns
  • Tweetaligheid (Afrikaans en Engels)
  • Vermoë om onder druk te kan werk
  • ’n Positiewe houding

Rig ’n motiveringsbrief en volledige CV aan: phil@proteabooks.com

Aansoeke sluit: 31 Maart 2018.

Slegs kandidate wat op die kortlys is sal teen 7 April 2018 gekontak word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top