Picador 40ste-herdenking-kompetisie: Skryf 'n lokteks of ontwerp 'n boekomslag. Wenners aangekondig!

  • 0

Om hul 40ste herdenking te vier het Picador 15 van hulle klassieke titels laat herontwerp om ’n pragtige versamelbare stel te vorm. LitNet het twee van hierdie stelle Picador Classics om weg te gee.

Die stel sluit die volgende boeke in:

All The Pretty Horses deur Cormac McCarthy Room by Emma Donoghue
American Psycho deur Bret Easton Ellis Shirley, Goodness and Mercy deur Chris van Wyk
Bridget Jones’s Diary deur Helen Fielding  The Line of Beauty deur Alan Hollinghurst
Dirt Music deur Tim Winton The Lovely Bones deur Alice Seabold
I Write What I Like deur Steve Biko The Savage Detectives deur Roberto Bolano
Last Orders deur Graham Swift The Sea deur John Banville
Mother’s Milk deur Edward St Aubyn White Noise deur Don DeLillo
Mukiwa deur Peter Godwin  

Daar is twee maniere om vir een van die pryse te kwalifiseer: skryf ’n lokteks of ontwerp ’n boekomslag.   

Opsie 1: Skryf ’n lokteks

                              

Skryf die lokteks (blurb) vir die fiktiewe boekomslag hier bo in 100 woorde. Jou lokteks moet potensiële lesers ’n idee gee waaroor die storie gaan, in watter genre die boek geskryf is en wie die hoofkarakter is. Wees kreatief en oorhalend. Gebruik geskikte taal, aktiveer die verbeelding en laat die boek heeltemal onweerstaanbaar klink. Alle inskrywings sal op LitNet gepubliseer word.

Ons gunsteling-lokteks sal ’n volledige stel herontwerpte Picador Classics wen. 

Opsie 2: Ontwerp ’n boekomslag

Ontwerp ’n swart-en-wit boekomslag vir ’n klassieke roman. Die boektitel en outeur moet by deel van die ontwerp vorm. Jy mag enige tegnologie gebruik om jou omslag te voltooi, van ’n potlood tot ’n kamera of rekenaarprogram. Stuur vir ons jou finale omslag in jpeg-formaat. Alle inskrywings sal op LitNet geplaas word.

Ons gunsteling-ontwerp sal ’n volledige stel herontwerpte Picador Classics wen.  Lees Steyn du Toit se onderhoud met Picador se senior-ontwerper Neil Lang vir inspirasie.

Hoe om in te skryf

Stuur jou blurb of boekomslag na wen@litnet.co.za. Sluit jou kontakbesonderhede by jou e-pos in. Inskrywings sluit 10 Mei.

Click here for information about this competition in English.

Wenners

Sonja Badenhorst en Louis Greenberg.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top