Persvrystelling: Overbergkunsmusiek | Art Music – Cabaret Picnique

  • 0

Overbergkunsmusiek stel bekend ’n kabaret deur Joan Wilken (sopraan), Anna Chadwick (klavier) en Alida Wood (perkussie).  Dit vind plaas in die NGK-saal in Bredasdorp op Saterdag 12 Mei om 7 nm. 

Die begrip “jazz” sluit ’n groot verskeidenheid style en tegnieke in, en word dikwels verkeerdelik gebruik om “ligte musiek” te beskryf.  Jazz is egter ’n gerekende artistieke kunsvorm wat dieselfde musikale en tegniese eise as enige ander uitvoering aan die deelnemers stel.  Die program bestaan uit maklik-luisterbare musiek in ’n “swinging” jazz-styl wat uit verskeie hoogtepunte in die repertorium van kabaretmusiek saamgestel is. 

Hierdie konsert het ’n verdere besondere komponent, naamlik ’n piekniek.  Vooraf bespreking (R 100 per persoon) is noodsaaklik omdat ’n beperkte aantal sitplekke beskikbaar is.  Die gehoor sal in groepe van 8 om ronde tafels geplaas word.  U moet u eie eetgoed, wyn en sap saambring.  Glase sal voorsien word, maar nie borde en eetgerei nie.

Besprekings:

Bredasdorp: Kira's Craft Corner, Van Riebeeckstraat, 028-425 3918.

Napier: Rawson Eiendomme, Sarel Cilliersstraat, 028-423 3669 (gesluit op Maandae).

Besoek ook: https://www.facebook.com/overbergkunsmusiek/

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top