PEN Afrikaans en LitNet bied aan: Die Oestyd-skryfuitdaging

  • 0

PEN Afrikaans en LitNet bied aan:

Die Oestyd-skryfuitdaging

Met die nasmaak van die pas afgelope Bolandse plaaswerkeropstande nog in die mond dink Afrikaanse skrywers op die oomblik na oor die wyses waarop ons die wingerd prys. Miskien is daar te veel oor die genoegdoening en die genot, die skoonheid en die sinsbehae wat ons uit die wingerde en boorde put. Te min oor die plukkers en die pakkers, en ’n veels te beperkte kennisname in ons kanon van hulle wat aan die agterspeen suig terwyl ons nóg ’n glasie klink.

“Nou voel ons hoe wortels kan kielie/ maar al wil ons ook lag/ is niks meer snaaks genoeg nie,” protesteer “Steenwerp se bruinmense” vanuit hul lêplek onder die boer se wingerde in Barend J Toerien se mooi gedig. Maar in Afrikaans is daar te min sulke tekste.

PEN Afrikaans en LitNet nooi skrywers uit om gedigte of kort-kortverhale (hoogstens 3 bladsye) te skryf wat die weerloosheid van werkers, die ongelykheid, die onrus of dalk die gewelddadigheid van die afgelope oesseisoen (en baie seisoene daarvóór) registreer.

LitNet sal alle bydraes op sy webwerf publiseer, en mits ons genoeg gehaltebydraes kry, sal PEN Afrikaans ’n spesiale publikasie byeenbring wat by die Stellenbosse Woordfees aan feesgangers uitgedeel sal word.

Stuur bydraes asseblief teen Maandag 16 Desember aan pen@litnet.co.za.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top