Parallelle Heelalle vir Jan Rap

Oom,

Daai brief van my was sommer om te kyk of ek iets aan die gang kan sit, dat die bloedrukke styg. Ek is g'n ontleder van enige aard nie, maar oorweeg om 'n begrafnisonderneming te begin. Van die wetenskap, godsdiens en dié dinge weet ek eintlik niks.

Maar, ek wil van oom verskil. Tref tog 'n fyn onderskeid tussen glo en vermoed of raai, asseblief. Die wetenskaplike het wel 'n ondersoekende gees ja, maar myns insiens glo hy nie iets voor hy dit kan bewys nie, of redelikerwys kan aflei van wat reeds bewys is nie. Hy mag wel vermoed dat iets bestaan, en begin dan ondersoek om dit te bevestig of verwerp.

Van wetenskaplikes wat vas glo daar is parallelle heelalle het ek nog nie gehoor nie, dis miskien ook dat hulle dit sterk vermoed, op grond van verskynsels wat waargeneem is, en nou soek hulle bewyse.

Sal dit nie lekker wees om na 'n ander heelal te skuif as die een hier te warm word vir jou nie?

Ek sal nie verder met oom kan korrespondeer oor hierdie saak nie.

Ontleder

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top