Paradyslied

Self-destruksie v’rhoed, ooglopend, Duiwelspiek-dissipeliaans,
sosio-linguisties, polities, Afrikaansheid, Moeder s’n, Afrikaans,
onkund’-ontkenningseksperts markkundig, ’r status ignoreer,
tradisionaliste, tradisioneel, etiektradisie so regressief onteer

Naaste onmenswaardig, via kultuurgoet g’kul, v’rraai,
oppe soort IT-trip, aan’t e-pos-SMS-twiet, leef-’n-beef,
voordele van tech, defnislis, wraggies glattie t’v’rsmaai,
al trek Mens onmensl’k-onmenswaardig, gevaarl’k skeef

Self deur Self, nes Profeet, deur gulsig’ v’rloën,
kreëer Krisis super-ultra-stres, zero v’rrukking,
Aardb’woner, Gewete-loos, Naaste weg dwing

min plek, op Planeet, in G’regtigheid t’woon,
sprei virus wêreldwyd, Self-onderdrukking,
min Mens oor, wie nog Paradyslied wil sing

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top