Ouers van gay seun stel boek bekend

  • 4

Geoff en Eileen Stenekamp se boek, Homoseksualiteit – ’n Studie deur die ouers van ’n gay seun, is pas by Wordsworth se Willowbridge-tak bekendgestel. Frits Gaum, voormalige redakteur van Kerkbode, het by die geleentheid met die skrywers gesels.

Die Stenekampegpaar se boek, wat reeds opslae in die media maak, is die produk van byna tien jaar se navorsing oor die sienings van homoseksualiteit wat deur die Bybel en die wetenskap ingegee is. Volgens Eileen Stenekamp het die egpaar ’n krisis beleef toe een van hul seuns uit die kas geklim het, en hulle gesukkel het om hul Christenskap te versoen met sy seksualiteit.

Volgens die skrywers is die veroordeling van homoseksualiteit op Bybelse gronde steeds aan die orde van die dag in Suid-Afrika. In hul boek word sterk gesteun op die jongste wetenskaplike navorsing wat daarop dui dat seksualiteit grotendeels bepaal word deur fisiologiese faktore in die vroeë ontwikkelingstadium van ’n kind.

Geoff Stenekamp sê: “Die begrip 'homoseksualiteit' het nie eens bestaan in die Bybelse tyd nie. Dit is eers laat in die negentiende eeu vasgelê deur medici wat dit as afwyking gediagnoseer het.” Die egpaar hoop dat hul boek, uitgegee deur Naledi, sal help om wanpersepsies oor homoseksualiteit uit die weg te ruim.

Die Stenekamps is jare lank reeds aktiviste wat die kwessie van homoseksualiteit onder die aandag van die NG Kerk se beleidmakers hou. Hul gay seun Altus het by die bekendstelling sy ouers bedank vir hul stryd om negatiewe persepsies te help breek.


Titel: Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun
Skrywer: Geoff en Eileen Stenekamp
ISBN: 9781920654122

 

 

Koop Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun by Kalahari.com.  

  • 4

Kommentaar

  • Hoe op aarde glo jy 'n pa wat erken dat die woord homoseksualitiet as 'n mediese beskrywing gekom het en dus sy gay seun as 'n mediese geval sien deur na hom as homoseksueel te verwys?  GAYS is NIE mediese gevalle maar gewoon mens en beslis onmedies!

  • CorneliusHenn

    Niel, ek dink nie homoseksualiteiet word nie deur die Steenkamp-ouers, as "mediese gevalle" gesien nie (miskien wel as 'n gesondheidsrisiko) ... ek lees die sin dat medici, wel die moeite gedoen het om dit as 'n afwyking te diagnoseer - ses tone aan elke voet is ook mos nie noodwendig 'n mediese geval nie - Niel, hoe voel jy omtrent die feit dat hierdie ouers as aktiviste die land rondgaan en homoseksualiteit as 'n afwyking toelig? Cornelius Henn

     

     

  • Niel en Cornelius

     
    Julle lees dit verkeerd. Die Stenekamp-pa probeer net die geskiedenis van die ontstaan van die term "homoseksualiteit" uitlig en ek sien ook nie dat hulle homoseksualiteit as 'n afwyking toelig nie. Hulle probeer juis om mense bewus te maak van die wanpersepsies aangaande die onderwerp.
     
    Moenie dat die gebruik van taal julle op 'n dwaalspoor plaas nie. Dit kom soms verkeerd oor, maar die uiteindelike doel van die egpaar is tog om aan andere te wys op ou uitgediende "feite" en die bekendstelling van die nuutste wetenskaplike inligting. 
  • CorneliusHenn

    Jy is reg Perdebytjie, ek voel ook dis die hart waarmee hierdie ouers hul onderneming voer wat saak maak ... dis uit liefde en dit bedek verseker die woord "afwyking" daarin ... 

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top