Oorweging

  • 1

Elsa Joubert op die omslag van Spertyd

Oorweging
By die lees van ’n onderhoud met Elsa Joubert

dis asof die grys
en bene wat al hoe moeiliker buig en kraak
en stadiger beweeg dit is waarvoor ek nog altyd wag ’n verligting
van uiteindelik
die kleiner lewe binnetoe nog altyd ver wag

nou is daar die toestemming – tog téén die geskal
van oumense op loopplanke met gladde wange ’n modieuse swaai; geskok deur die dood maar
ten minste lyk sy nog jonk –
om selwers te betrag 
gekrom teen die wind wat die wolke oor die berg aanblaas
om te gaan staan vir die roep van die janfrederik of die ander
wat klanke steel en soos spikkels in die tuin uitgooi
maar binnetoe na die self wat selde nog uitkyk na ander en
eensamer omdraai en grimmig wegskram van
verheldering en gesprek

dis asof die geslinger van lewe eindelik toestemming het om soos
die water in die sloot af weer in die see te loop, dan op te styg en oor die land te sweef
die molekules wat insak in die grond deel word van die blaar van die suikerbos of die spriet wat die
muis skarrelend in haar nes indra
soos ’n voël op die wind

  • 1

Kommentaar

  • Onthou nie of ek ooit 'n gedig deur 'n ouer mens en oor die binnelewe van so 'n mens gelees het nie. Vind dit tekenend en vry van sentimentele inhoud maar resonerend met my binnelewe. Dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top