Oor meme, mites en Waarheid

  • 14

Naas,

Jou kommentaar op my brief verwys.

Ek is nogal verbaas dat jy nie kan agterkom wat aangaan met die Waarheid en Godsdiens, nie en dit vir my probeer afmaak aan die hand van ’n sekulêre studie in die sielkunde, soos die spiral dynamics-teorie, oor sogenaamde menslike ontwikkeling. Voor die publikasie daarvan in 1996 was die soort van beginsels alreeds bekend in die sielkunde en destyds is dit voorgestel as ’n tipe piramiede van ontwikkeling. Ek onthou dat nagraadse studente by Tukkies wat sielkunde as nagraadse vak geswot het, verwys is na hierdie piramied van ‘ontwikkeling’ en het, interessant genoeg, juis vir dr Anthony Rupert (Anton Rupert) gebruik as model van iemand wat die sogenaamde pinakel  van ontwikkeling in hierdie piramiede bereik het, omdat hy juis buite sy eie selfgesentreerde selfontwikkeling kon vorder tot op ’n vlak waar hy homself ontwikkel het deur sy betrokkenheid op alle vlakke van die ontwikkeling van sosiale en natuurbewaring  verantwoordelikhede. En Rupert was nie ’n agnostikus, nie.

Maar kom ons kyk na jou spiral dynamics model.

Volgens daardie model is die hoogste vlak van ontwikkeling juis die sogenaamde ‘turkoois’ vlak, waar individue dit kan regkry om ’n holistiese lewensbeskouing te handhaaf as persoonlike vervullingsmodel waarin die mens die nodige sogenaamde eiebelang uitoefen in harmonie en met inagneming van die gemeenskapsbelang waarin hy leef. Volgens jou studiemodel, die spiral dynamics, is die ‘turkoois-vlak’ ’n ontwikkelingsvlak wat eers in die Sewentigerjare ontstaan het en nog besig is om te vorm.

Maar, watter louter snert is dié bewering, nie. Die probleem van die spiral dynamics model is dat dit ’n model is wat deur sekulariste en agnostici ontwikkel is gebaseer op ander agnostici se werk. Neem, byvoorbeeld, meme. Meme is Richard Dawkins se gunsteling-instrument wat hy aanwend om geloof en Godsdiens mee te probeer afmaak.

Maar, ’n meem is ’n konsep wat deur die agnostikus geskep is om iets mee te kategoriseer, waarvan hy die voorkoms noodwendig móét erken omdat dit vry algemeen voorkom, maar nie kan begryp hoe dit ontstaan en ontwikkel het, nie. ’n Meem sou dan nou kwansuis ’n sogenaamde self-propagerende idee, gewoonte of kulturele gebruik wees. Maar daar is nie iets soos ’n self-propagerende idee, nie. Die propagandis, as mens dit so kan noem, van geloof en Godsdiens, is juis die inherente bekwaamheid wat die mens het tot spiritualiteit. Maar omdat die geharde agnostikus spiritueel onbekwaam en onaktief is, sal hy die manifestasie van spiritualiteit elders as op die regte plek gaan soek, maar nie vind, nie. Nou word die fenomeen dan vir hom kamstig ’n sogenaamde self-propagerende idee, gebruik of gewoonte. Nie verbasend nie, want só ‘verklaar’ die agnostikus vir homself ook die ontstaan van lewe, wat hy ook nie kan verstaan en verklaar nie, as synde uit hierdie enigmatiese, mitologiese self-repliseerder self wat kamstig só fenomenaal oor tyd heen self-gerepliseer (self-propageer) het. Kan jy die ooreenkoms insien? Só 'verklaar' die agnostikus sinneloos álles wat bo sy begripsvermoë is maar waarvan hy die bestaan nie kan ontken, nie. Só maak hy ook met God. Daarom dat hulle die spirituele werking van geloof in God, as só ’n ‘meem’ probeer afmaak.

Jou outeurs, Beck en Cowan noem dit nou ‘mites’. Maar dit het nie lank geneem vir dié twee om hul paaie te skei, nie, want toe moes hulle nou weer probeer voorsiening maak vir die werklikheid van bestaan van patologie binne dié meem- of mite-ontwikkelings en daaroor kon hulle nie eenstemmigheid bereik, nie.

Maar die werklikheid leer vir ons weereens tot watter mate die agnostikus, selfs op sy beste, self net eenvoudig nie bo die vlak van mite kan uitstyg, nie. Jy doen die agnostici in hul ateïstiese formaat selfs ’n guns om hulle in die laer garde van die groen-vlek te kategoriseer, want hulle het allermins die rooi-vlak (bevordering van eiebelang sonder skaamte en skuldgevoel) ontgroei. Ook het hulle nog nié die groen-vlak, hoewel ’n heelwat laer vlak, ontgroei, nie. Kyk gerus na die gesprekke van agnostici op hierdie forum. Gedurig is daardie beroep deur hulle op ooglopende mitologie uit die Griekse en Romeinse kultuur. Alles wat hulle nie kan begryp nie, is vir hulle analoog aan dié mitologie. Die massa mense, daarenteen, kan geredelik onderskei tussen mitologie en werklikheid.

Die werklikheid is dat daar wél ’n universele Waarheid is (Johannes 14:6-7), waaraan alle ander waarheid as komponente ontleen, word. Hierdie universele Waarheid transendeer alles, want dit is oorspronklik. God is daardie Waarheid. Dus, dáárdie Waarheid, is die maatstaf waaraan alle ander fenomene wat op waarheid en feit aanspraak maak, gemeet staan te word en dit word al vir báie derduisende jare lank, só gedoen. Daar is geen mites of meme by betrokke, nie.

Maar kom ons bekyk jou spiral dynamics model se hoogs ontwikkelde vlak, die turkoois-vlak. Soos gesê, beweer jou outers dat dié ontwikkel het sedert die Sewentigerjare en gekenmerk word deur individue wat hulle eiebelang temper en selfs modereer om die gemeenskapsbelang te akkommodeer. Dus, daar is dus hierdie kommunale sienswyse eerder as ’n egoïstiese sienswyse – die holisme.

Nou kyk ons na die Woord en ons sien waar dié hoogste turkoois-ontwikkelingsvlak van jou spiral dynamics sy oorsprong, het.

Die volgende uit die Woord, skep die grondslag :

“En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” – Mattheus 22:37-40. Hierdie bron gee ook sommer vir jou die oorsprong van dié Waarheid.

Nie in die Sewentigerjare, nie, maar derduisende jare gelede waar die universele beginsels van die Goddelike waardes vir die mens as maatstaf uitgespel, is. Die Mattheus Woord is egter nie die eerste waar ons daarvan lees, nie.

Meer as ’n duisend jaar vóór die Mattheus Woord, is die beginsels al vasgelê deur God in die wette wat HY deur SY profeet Moses vasgelê het. Let gerus op die bepalings in die Ou Testament en verdere Nuwe-Testamentiese verwysings, waar hierdie beginsels uitgespel word (Eksodus 22:21; 23:9; Levitikus 19:18; Deuteronomium 10:19Matteus 5:43; 19:19; Markus 12:31; Lukas 10:27; Romeine 13:9; Galasiërs 5:14; Jakobus 2:8). Lukas 6:36 maak ook die beginsel en die oorsprong daarvan baie duidelik – wees barmhartig, omdat julle Vader barmhartig is.

Soos jy kan sien, is God die universele Waarheid. Selfs en veral, kinders wat nie aan sulke sosiale en kulturele invloede soos wat jou studie insinueer, blootgestel is nie, omdat hulle nie ag slaan daarop nie, is spiritueel hoogs ontwikkeld omdat Geestelikheid, Spiritualiteit, juis van buite die mens is, maar ’n werklikheid wat die mens direk beïnvloed. Dit is eers later, wanneer die mens groter word en sommige van hulle die werking van spiritualiteit met hulle sogenaamde intellek probeer teëwerk, dat die spiritualiteit by hulle onderdruk word, terwyl die intellek juis saam met die spiritualiteit as aksessore vaardighede aangewend behoort te word . Waarom is julle nie in staat om die eenvoudige dinge in te sien, nie?

Dit is verbasend dat die jy die dinge nie insien nie. Die ‘moderne’ mens-sans-God het blykbaar die slaaf van sy eie intellek geword, wat van hom ’n willose slaaf van ander sy pogings maak, sónder dat hy die vermoë het om bo die ‘denke’ en sogenaamde intellektuele bonttrappery en deurmekaarpratery van die ewe rigtinglose ander wat hy klakkeloos papegaai, kan uitstyg.

Ongeloof is die mens se grootste vyand, want dit lei tot Goddeloosheid en gevolglike stagnasie en onkunde en irrelevansie, soos ons dit maar te dikwels by sommige agnostici sien, veral dié wat hier skrywe.

Terloops, jou ANC as meerderheid-waarheid analogie is werklik so irrelevant dat dit skaars kommentaar verg. Watter 'waarheid' van hulle staan hulle dan kwansuis voor wat as sulks geïdentifiseer  kan word? Die enigste universele waarheid wat in ANC verband geld is dat die oorgrote meerderheid van hulle lede, nie-blankes is en dit is inderdaad die waarheid.

Jy het heeltemal begrip vir die term Waarheid waarna ek verwys, verloor.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 14

Kommentaar

  • Kobus

    Komende van 'n kluitjiebakker soos jy wat al soveel keer uitgevang is dat jy blatant lieg, behoort niemand hierdie waarheidsaansprake van jou ernstig op te neem nie.

    Thomas

  • Kobus de Klerk

    Og, wat ’n sinnelose reaksie van jou, Thomas. Weereens, nogeens. Het jy al na jou profiel van reaksies (kommentare kan mens dit nie noem, nie) oor die afgelope jaar of twee gekyk? Kry jy nie skaam om so irrelevant te wees, nie?

    Dit is natuurlik maklik om te beweer dat ek 'blatant lieg', want kuberpapier is maar  ook so geduldig. Maar ek gaan jou nou uitnooi om die skakels waar ek kwansuis so lieg, te plaas (jy weet mos darem seker al hoe, of hoe?) en ook sommer met die voorlegging van die bewys dat dit wat ek weergee, leuens is.

    Kom, soos die ou Ingelse spreekwoord sê 'put your money where your mouth is'.

    Maar ons gaan nie asem ophou vir jou, nie.

    Een ding van julle agnostici wat ons darem al so dikwels gesien het – as julle nie meer weet watter kant toe nie, dan is dit hierdie tipe van integriteitlose, sinnelose en grondelose persoonlike aanvalle. Kyk maar gerus, jy is nou weer besig om vir Chris in daardie opsig na te aap – en julle is boonop so simpel dat julle meen mens sal nie die siek taktiek agterkom, nie.

    Kobus de Klerk

  • Thomas,

    Die Waarheid wat Kobus hierbo bevestig is heeltemaal bokant jou begrip of verstand – jy het eenvoudig nie insig daarin nie – jou sinlose skrywes onderstreep ook hierdie feit.

    Verder is dit ook insiggewend en ironies hoe jy, wat juis die leuen van hierdie wereld aanhang, Kobus as leuenaar uitkryt. Dit komende van iemand wat nie eens kan raaksien dat sy eie reaksie juis die Waarheid van Kobus se skrywes bevestig, nie! Maar dan weer, daarvoor is jy heeltemaal te blind!

    Sterkte

    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Ek sien deur jou liegstories en oneerlikheid. Thomas sien dieselfde en sonder om na my te kyk noem hy ’n spade ’n spade. Dit is onnodig om vir jou skakels te gee, jy kan begin met jou bydrae hierbo en dan terugwerk na jou eerste bydrae hier op LitNet. Laat ons weet as jy iets ontdek wat nie na stront ruik nie.

  • Thomas – Ek verwys na Kobus se uitnodiging aan jou. Hy het bv. gelieg toe hy beweer het dat hy nie deur ’n hof geskors nie en  jou wragtig nogal skaamteloos vir Pieter uitgedaag het om dit te bewys. Ek haal homself aan:  “Ek is uit die eksklusiewe klub van praktiserende prokureurs geskop, Oom Daan, terwyl ek nie eens daar (in die hof) was nie, en ek later daarvan verneem het via die joernalis van Carte Blanche wat my daaroor geskakel het nadat dit gebeur het.”
    Die skakel is:
    https://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=61202&cat_id=160
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Die desperasie van die agnostici om mens se integriteit te probeer aantas, is sprekend in die pogings van Thomas, Chris en Panda, hier.

    Kom ons kyk na Panda se wilde openlik leuenagtige bewering "... toe hy beweer het dat hy nie deur ’n hof geskors nie..." en dan is hy nog onnosel genoeg om die skakel te plaas om dit te probeer 'staaf'.

    Maar die waarheid weerspreek hom geheel en al – wat ek gesê het is dat ek nie bewus was dat die hof my geskrap het nie – nooit het ek gesê dat die hof dit nie gedoen het, soos Panda dit openlik en leuenagtig beweer, nie.

    Dit is die agnostici wat leuens deel van hulle verwysingsraamwerk maak – hulle lieg skromeloos sonder om te blik of te bloos, en reken dat ons ander dit nie sal agterkom, nie?

    Dit is hulle wat nie integriteit het, nie.  Duidelik – soos hierbo weereens blyk. So beskuldig hulle ander van dit waaraan hulle self skaamteloos skuldig staan  – maar hulle slaag uiteraard nie.

    Na alles, wat kan ons anders verwag as valse beskuldigings, verdraaiings en leuens van agnostici – hulle doen soos hulle spirituele vader, die duiwel  – hulle leef die leuen in bedrog (Johannes 8:43-45) en kom dit nie eens meer agter nie. So dien hulle ook die Waarheid en integriteit van die Woord, Wie duisende jare gelede al gesê het dat hulle so sal optree.

    Na alles, watter groter leuen is daar as om die Almagtige God te ontken? Daarom dat hulle die 'kleiner' leuens so maklik uitryg soos stokkielekkers vir kinders sonder dat hulle eens meer agterkom hulle lieg.

    Die arme mense. Nydigheid, hatigheid en venyn en natuurlik leuenagtigheid, is hulle patetiese wapen teen die Waarheid en die wat die Waarheid bring. Pateties.

    Dit is, soos reeds uitgewys, maar net 'n poging om die aandag af te wentel van die Waarheid wat ons as gelowiges die voorreg het om te kan verkondig. Dit is hoe ons hulle taktiek al oor die tyd heen hier keer ken het. Gou-gou is hulle in 'n hoek, en dan kom die persoonlike aanslae. Hulle is die slagoffers van hulle eie meem, hulle eie leuens, daarom slaag hulle nooit nie.

    Kobus de Klerk

  • Ai, ai, ai,

    Kan ek maar vir julle manne gaan melkbottels warm maak? (Sug)

    Waarmee is julle besig? Om in mekaar se lewens te krap en mekaar sleg te sê? Ag nee, ek dog julle pro's is trotse Afrikaner gerespekteerde, geleerde skrywers, gespesialiseerd in spesifieke rigtings. Ek het nie sulke kinderagtigheid verwag. My doel hier op Litnet is om by julle te leer, hoe julle dinge verwoord, jul skryfstyle, uniektheid. 

    Konflik is vir lesers ’n irritasie. So verloor ons hulle net. Terwyl jul met soveel goud en kennis binne in julself rondloop. Ek lees AL jul briewe vir nuwe insigte, maar wanneer iemand met iets kosbaars na vore kom, dan verkrag iemand dit met ’n simpel opmerking. Dit veroorsaak kommunikasiestremming. Meeste van hierdie opmerkings is in elk geval persoonlike aanvalle, en hoort nie hier ...

    Kom, kom - gee my eerder dit wat BINNE in jou is!  Ons as lesers is HONGER ... 

    Of moet ons eerder vir julle geld insamel vir bokshandskoene? Laat weet net. Ek is nogal goed met geldinvordering...

    Trienie

  • Kobus de Klerk: – jy is wragtig nou pateties verby? 

    Jou presiese woorde aan Pieter was: “En dan, jy beweer ek is deur ’n hof skuldig bevind aan bedrog – jy weet mos dit is ’n leuen.” Na watter beweerde leuen verwys jy dan nou anders as sy bewering dat jy deur die hof geskors is? Nou probeer jy om die klem te verskuif.

    Opgesom:

    • Jy daag vir Pieter uit om te bewys dat jy deur die hof skuldig bevind is aan bedrog en beskuldig hom dat dit ’n leuen is.
    • Ek haal vervolgens jou presiese woorde aan in een van jou treurmares aan Oom Daan, waar jy erken dat jy deur die hof geskors is.
    • Nou kom jy met een van jou tipies slenters en sê – ja maar jy was nie in die hof nie en het eers later daarvan gehoor en daarom is ek onnosel om jou erkenning aan te haal.
    • Jou uitdaging aan Pieter was mos net om te bewys dat jy deur die hof geskors is en niks anders nie – PUNT? Dit het heeltemal niks daarmee uit te waai dat jy nie eers in die hof was, soos jy aanvoer nie? Die skuldigbvinding staan of jy nou in die hof was of nie. 

    Jy probeer met woorde speel en as jy onnosel wil sien – gaan kyk sommer in die spieël. Dit is terloops jyself wat met hierdie speletjie begin het toe jy vir Thomas op jou tipiese sarkastiese trant 'uitgenooi' het om met bewyse en skakels te kom. Met ’n reputasie soos joune kan dit nogal lelik boemerang en jy moet miskien maar versigtiger wees in die toekoms met jou 'uitnodigings'!

    Ek plaas die skakel vir jou uitdaging aan Pieter onder, ingeval jy dit dalk wil ontken en verdraai en woordspeletjies wil speel. (Derde paragraaf van onder af vir die wat nie lus is om al die snert wat jy daar kwytraak te lees nie)

    Trienie: Dankie vir jou positiewe kommentaar en vermanings. Jy laat my skuldig voel maar ek gaan nie die ander wang draai as ek valslik beskuldig word van ’n wilde openlik leuenagtige bewering nie en dat ek onnosel is nie.

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=107445&cat_id=160

    Panda

     

  • Kobus de Klerk

    Trienie, as jy mooi oplet  en die agnostici se optrede met die Woord vergelyk, sal jy sien dat hulle selfs in hul eie negatiewe optrede, die betroubaarheid van die Woord, dien. Die Woord leer ook vir ons dat hulle nie tot beter in staat is, nie en so sien ons dit ook gebeur.

    Daarom is hulle optrede op ’n baie eienaardige manier, tog leersaam en nuttig ter bevestiging van die betroubaarheid van Gods Woord

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ja, Panda, jy raak deurmekaar met jou eie leuens.

    Waar het ’n hof my skuldig bevind aan bedrog?

    Jou presiese woorde in jou kommentaar hierbo "Hy het bv. gelieg toe hy beweer het dat hy nie deur ’n hof geskors nie". Lees sorgvuldig wat jy beweer... jy kan mos? My presiese reaksie op jou leuen :"wat ek gesê het is dat ek nie bewus was dat die hof my geskrap het nie – nooit het ek gesê dat die hof dit nie gedoen het, soos Panda dit openlik en leuenagtig beweer, nie".

    En helaas, noudat jy in jou leuen betrap is, wat is jou reaksie nou, nadat jy uitgewys is? Hier is jou presiese woorde "... waar jy erken dat jy deur die hof geskors is " Sien? Net in jou vorige snert het jy beweer dat ek kwansuis sou sê dit het nie gebeur, nie! Nou haal jy my self aan waar ek bevestig dat dit wel gebeur het...  So weerspreek jy jouself in jou web van leuens omdat jy nie meer kan uitmaak wat jy waar gelieg het, nie. Skielik haal jy my aan waar ek self bevestig dat ek geskrap is deur die hof, maar net in jou vorige leuen, beweer jy ek het dit ontken!

    Die feit dat ek nie in die hof teenwoordig was, nie, is ’n saak van rekord. Jou onsinnige oningeligte kommentaar daaroor is van geen relevansie, nie.

    So draai jy in jou eie leuens vas.

    Dus, Redelinghuys se grondelose en kwaadwillige bewering is dat ek "deur ’n hof skuldig bevind is aan bedrog" – dit is die leuen. Die hof het my geskrap omdat ek die hofbevel geïgnoreer het, en daar is, in teendeel met wat jy en Redelinghuys beweer, juis vermeld dat daar juis geen getuienis van diefstal of bedrog is, nie...

    En so lieg en bedrieg julle om die aandag van julle onbeholpenheid af te wentel, sonder om skaam te kry.

    So ken ons julle. Dit is waarom dit soms baie moeilik is om julle nie net sommer te ignoreer, nie. Julle is so irrelevant.

    Jy  het ’n swak punt – jy is betrap hierbo dat jy lieg terwyl jy my vals daarvan beskuldig en instede van die waardige ding om die saak reg te stel, verdraai jy jouself verder in die strik in. Het jy geen selfrespek, nie?

    Kobus de Klerk

  • Kobus:
    Dis nou my laaste woord oor jou leuen dat jy nie geskors is nie. Ek hou dit so kort as moontlik.
    Dit lyk my jy het jouself nou al so deurmekaar geskryf dat jy self glo dat jy nie geskors is nie en dat almal wat sodanige bewerings maak, daaroor lieg. Dit raak nou vervelig en ek is nie lus om  verder met ’n klaarblyklike gestremde, woordspeletjies te speel nie.
    Die feite is tog eenvoudig: Jy het ontken dat jy geskors is en grootdoenerig vir Pieter uigedaag om dit te bewys. Teenoor oom Daan het jy dit vroeër weer erken maar gebruik nou die irrelevante verskoning dat dit sonder jou wete was. Nou wat daarvan as jy nie geweet het nie en later daaroor ingelig is? Dit verander mos niks aan die feit dat jy geskors is nie en dit maak mos ook nie bewerings dat jy geskors is vals omdat jy kwansuis aanvanklik onbewus daar van was nie.
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Panda,

    Jy is verstommend oneerlik. Watter snert raak jy nou alweer kwyt?

    Ek gaan jou uitdaag – jy sê wragtig weer "Jy het ontken dat jy geskors ...dat jy self glo dat jy nie geskors is nie en dat almal wat sodanige bewerings maak, daaroor lieg ".. waar? Waar is die skakel as jou bewys vir hierdie snert wat jy beweer? Waar het ek so gesê?

    Teen hierdie tyd weet ons al dat ons nie asem moet ophou daarvoor nie – want die skakels wat jy reeds geplaas het, het jou direk weerspreek (jy het jouself ook weerspreek – kom jy dit nie eens agter, nie? Ek het dit in my vorige kommentaar vir jou uitgewys) en jou leuen soos 'n seer vinger laat uitstaan.

    Of jy is mateloos onnosel of jy is baie skaamteloos oneerlik – watter een, Panda?

    Ek dink my punt met julle tendens om skaamtelose wanvoorstellings te maak as julle in die hoek is, is weldeeglik deur jou en Thomas gedien.

    Kobus de Klerk

  • Kobus – Jy daag al weer uit? Leer jy dan nooit nie?  Jou beledigings en pogings om my en ander te kleineer pla my glad nie meer nie, want ons is dit al gewoond van jou hier op die forum en dis maar ’n geval van – vat dit van wie dit kom. Dit reflekteer in elk geval ’n pragtige Christelike gesindheid.  So volhard dus maar gerus daarmee!
    Jy daag my dat ek jou ontkenning  van die skorsing ter sprake moet bewys en vra: “Waar is die skakel as jou bewys vir hierdie snert wat jy beweer? Waar het ek so gesê?” Ek plaas dus nou maar weer (reeds die tweede keer) die gedeelte van jou skrywe aan Pieter. Die skakel is reeds in ’n vorige kommentaar geplaas. In daardie skrywe van jou sê jy vir hom: “En dan, jy beweer ek is deur ’n hof skuldig bevind aan bedrog – jy weet mos dit is ’n leuen”. Nou wat kan dit nou anders as ’n ontkenning wees as jy sê “Jy weet mos dis ’n leuen” ?
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Panda, dat ek aan bedrog skuldig bevind is, is natuurlik 'n leuen. Jy is uitgevang en probeer nou pateties en onbeholpe met woorde speel - jy is nie opgewasse, nie en ek laat jou nie daarmee begaan, nie. Geen skakel wat jy voorsien het, ondersteun daardie bewering nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top