Oom Jan Rap, fôk oom!

  • 2

Oom Jan Rap, fôk oom!

Ek het gedink oom sal my help, maar nou wil oom ons stuur na 'n soort strafkolonie. Nou kan ek sien oom is sommer 'n ou vark!

Oom moet nie weer hier kom nie, al sê my ma ook wat. Ek sal oom se tyres stukkend sny met 'n mes en sand in oom se engine gooi as oom weer hier kom.

Moet ook nie weer vir my skryf nie.

Fôk oom!

Jannie

  • 2

Kommentaar

  • Ag Jannie,

    Jy is bitterlik flou. Dit wat jy skryf prikkel nie eers enige lagspier nie! Verder is jou onoorspronklike vloekwoord al so afgesaag soos tien jaar terug se dennekrismisboom. Gaan speel op 'n ander werf.

    Hoogs verveelde groete

    Perdebytjie

  • Sjoe!

    Hierdie verbode herontmoeting het nogal vinnig verander van verlore liefde na vurige haat.

    Arme lesers ... wonder wat dink hulle van die aggressiewe Net skrywers.

    Moet sê, ek isnogal nuuskierig om te weet wie Ontleder is. Meen dis my vroulike reg.

    Trienie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top