onstuitbaar

cliché, stereotipe, “ras”, “klas”, “Boesie”, “Slams”,
“Bhulu”, v’roud’rd, ultra-agt’rlik, Naaste, Mens,
wat nog “Kwerekwere”, and’rsmaking, inspan,
rassisme nie inne blik, waar’t hoort, wil druk

struktuurg’weld, v’rwoesting, gattie b’daar,
spesies wat ytsterf, maak Mens klaar naar,
’sof Mens nie, Self, Self-destruksie k’n keer,
’t aaire verre v’rsprei, v’rkloon, dissemineer

son’r g’heue, v’n g’wete, gat g’skied’nis v’rdwyn,
troon “Duiwelspiek”-ikoon, g’wetenloos, v’rmetel,
Moederstad se Moeder inne demoontrieksterpyn,
sjatan, al sedert sonneval sekuur in sjy hoë setel

kanti, Skepper Hou hom mos mette Heil’ge Oog dop,
selfs sjatan ka’ glattie Herwinn’ng, van G’wete, stop

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top