Ons

ek dink nie die son
het weer opgekom nie -

nee, dit het windlangs vergete geraak
in die buitekamer van iemand se kroonkroos, daardie generasie van bedelaars:
die kraamkinders
die boomaanbidders
die liefdadigers
die liberale wittes
die dose
die uitgekose
en ons -

ek en die ander wat blind was
om 'n nuwe son
(of sonde)
uit die oë van ons vaders
in húl buitekamers

te hys

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top