onopg’lost’ raadzel

as Sy, maar net, magtig, Afrika-taal was,
sou Sy maar wou ontslae raak, van “ras”,
“klas”, “Anner”, alle onmenswaardigheid,
Millennium Drie Mens mos skaam v’niks

só ’n attitude ironies, ’n agitpropleuen,
lat Mens sulk moraliteit anie dag wil lê,
mede-Mens, Wetenskaplik, wil uitoorlê,
m’t ikonies “Duiwelspiek”-dissipelsteun

liewe donner, Aarde, brul-’n-tril, sidder,
osoon’s waarskynlik klaar k’poet, phêla,
nü s’t Homo Sapiens Sapiens, afg’stomp

sonner G’wete’s Oorwinning, Slimste s’n, onmoontlik,
onb’twisbaar feit, v’rschriklik raar, ma’ w’ragtig waar:
nét Mens kan struktuurg’weldskrisis klinies opklaar

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.