Onderhoud: Emile Minnie oor sy optrede by Simonsig se winterkonsertreeks

  • 0

Emile Minnie (foto: Detoi Photography)

Simonsig bied binnekort 'n winterkonsertreeks aan. Emile Minnie, sanger en musikant, vertel vir Naomi Meyer van sy optrede op 1 Julie 2016 by dié wynplaas.

Emile, jy’s ‘n seun van Bloemfontein, of hoe? Hoekom sing jy Franse chansons by Simonsig se winterkonsertreeks?

Eintlik is ek in Durban gebore, en het ek gematrikuleer in Kimberley. Ek het in Bloem Frans en musiek geswot. Oorspronklik het ek Italiaans geswot, maar een oggend het die lektor nie opgedaag nie ... en dit was die einde van Italiano. Toe is Frans die next best thing. En daar raak ek verlief op die taal. Een van my dosente was Naòmi Morgan, die vertaler van die Afri-Franse liedjies. Om by haar klas te loop is 'n ervaring wat ek altyd sal onthou. Sy het ons van die begin af blootgestel aan Franse musiek en letterkunde. Die gogga het toe daar gebyt. My ouers is ook baie lief vir Franse liedjies, so hulle is ook 'n groot inspirasie.

Watter Franse liedere inspireer jou? En is dit net die musiek of ook die woorde van die musiek wat jou roer?

'n Lied met 'n catchy melodie bly maar 'n wenner. In watter taal ook al. Die Franse taal bring natuurlik die heerlike bry-r, en die lirieke is dikwels baie digterlik.

Ek ken jou talente op die terreine van taal en musiek – sing jy by hierdie winterkonsert net Franse liedere of ook sommige van jou eie komposisies?

My eie liedjies is vir my baie na aan die hart, so ek doen altyd 'n paar eie komposisies ook.

Gaan jy by hierdie konsert ook op die klarinet speel, of eerder net klavier om jouself te begelei?

Die klarinet hang teen die muur in die motorhuis, want deesdae speel ek net klavier en sing by my shows. Dis hoog tyd dat ek hom afstof.

https://soundcloud.com/emileminnie/sets/chanson-the-french-album

Sien Emile se musiekvideo’s hier: http://www.youtube.com/watch?v=nTIWDgU1akU

Besoek Emile se webtuiste: www.emileminnie.com

Kontak Emile: info@emileminnie.com

  • Emile se “Nagmusiek” album is genomineer vir 'n SAMA vir beste alternatiewe Afrikaanse album, Emile was onder die top 3 in die Huisgenoot Tempo Liedjiekompetisie, hy is genomineer vir ‘n Kanna by die KKNK, en hy was ‘n finalis in die ATKV Crescendo kompetisie.

Vrydag 1 Julie met Emile Minnie

R150 per kaartjie
A la carte menu
Aankomstyd: 18h30
Vertoning skop af om: 19h30

Kaartjies moet vooraf bespreek word. Kontak  vir Jackie Retief by Simonsig Wynlandgoed om jou kaartjies te bespreek en betaal. Skakel 021 888 4932 gedurende kantoorure of e-pos jretief@simonsig.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top