'n Onderhoud oor die Adam Small-fees in Pniël

  • 6
adamsmall_foto_naomibruwer

Adam Small (foto: Naomi Bruwer)

Darryl David gesels met Naomi Meyer oor die Adam Small-fees wat in Februarie 2017 in Pniël afskop.

Hallo Darryl, jy is veral bekend vir die Bookbedonnerdfees in Richmond, die onlangse Soweto Boekefees, en dan ook ander feeste wat na skrywers vernoem is – soos JM Coetzee se fees of Athol Fugard s’n. En nou Adam Small! Vertel bietjie hoekom en wanneer?

En nou ‘n Adam Small-fees, ja. Op Pniel. Ek hoop nie Stellenbossers gaan my vra waar is Pniël nie. Want dan gaan ek vir hulle se hulle moet die borde na die Hel volg. Eintlik Helshoogtepas. In Johannesdal en Kylemore en Languedoc se rigting. Mense in Afrikaanse kringe sal weet ek was op pad Kaap toe om ‘n pos hier te aanvaar. En my plan was om in Pniel te woon. Het jy al daai berge gesien? Asemrowend mooi. Maar toe word ek so siek ek moes die pos van die hand wys. Lyk my my liggaam is te lief vir Howick, ongeag hoe mooi die Kaap is.

Maar nou dink die lesers ek het van Adam Small vergeet.

Soos die Afrikaanse literary establishment jare gelede al gedoen het.

Maar 24–26 Februarie 2017 gaan ‘n geskiedkundige naweek wees. ‘n Fees vir Adam Small. Niemand verdien dit méér nie. Ek droom al jare lank oor so ‘n fees. Maar Adam Small is 'n seun van Wellington. Net soos Breyten. En ek was bang dat 'n fees vir Adam Small op Wellington altyd in die skaduwee van Breyten sal wees.

Dus het ek die skadu’s van die Simonsberge en Groot Drakenstein van Pniel gekies – ‘n gebied ryk aan slawegeskiedenis. (As so ‘n geskiedenis in die eerste plek as “ryk” bestempel kan word!)

Maar eintlik moet almal eerstens vir Breyten dankie sê vir hierdie fees – Breyten, wat so aanhou karring het dat dit ‘n skande is dat Adam Small nie die Hertzogprys gekry het nie. Ook vir Murray la Vita. Toe ek die afgelope twee maande feitlik die heeltyd in die bed moes bly lê, het ek na sy onderhoud met Adam Small gekyk. En ek het trane in my oë gekry. Wat het apartheid aan hierdie man gedoen? Hoe kon Afrikaanse letterkundiges vir so lank nie verby sy velkleur en sy ras kyk nie? En sy register van Afrikaans.

Ek wil hê jy moet jou lesers daai video wys, Naomi – wat ‘n pragtige gedig. En toe ek Adam sien huil, het ek besluit: 2017 gaan die jaar van die Adam Small wees. Dit gaan my present wees vir sy 80ste verjaarsdag. En toe (met my linkerhand – ek kon my regterhand vir amper ‘n maand nie gebruik nie!) het ek die fees begin beplan.

Watter skrywers het al laat weet dat hulle kom, of dalk kan kom?

1) Rosalie Small

2) Helen Zille

3) Diana Ferrus

4) Andries Bezuidenhout (moet nog bevestig)

5) Shirmoney Rhode

6) Albie Sachs

7) Roger Field

8) Willie Bester

9) Natalia da Rocha

10) Hein Willemse

11) Herman Lategan

12) Steward van Wyk (mnb)

13) Braam de Vries

14) Floris Brown

15) Wium van Zyl (mnb)

16) Wynand van Eeden / Ernst Van Jaarsveld (Botaniese kuns)

17) Karina Brink

18) Janet Hodgson (The medical art of Tinus de Jongh)

19) Daniel Hugo

20) Kirby van der Merwe

21) John Matisonn

22) Marius Titus

23) Michael Le Cordeur

24) Loit Sols

25) Amanda Botha

26) Jolyn Phillips

27) Sharlene Swartz

28) Tom Dreyer

29) Etienne van Heerden

30) Breyten Breytenbach

31) Gaireyah Fredericks

32) Menán van Heerden

En natuurlik ek. 

Wat kan mense by hierdie fees verwag? Waar presies word dit op die dorp gehou en wat kos die kaartjies?

Die fees gaan by die Pniël Museum-kompleks gehou word. Dis beslis die mooiste ligging van al my feeste. Net oorkant die Pniël-kerk. Baie van die praatjies gaan buite gehou word. Mense soos Loit Sols en Floris Brown sal nie net hulle gedigte voorlees nie, maar deur hulle musiek die woord “fees” in “boekefees” terugsit. Braam de Vries sal die fees open met sy nuwe dokumentêr oor Adam Small. En Natalia da Rocha en haar band sal die fees afsluit met hulle show Adam Small Bejazzed.

Teen Februarie sal ek en die span van Dwarsrivier Toerisme, my vennote in hierdie projek, reg wees. Ons moet sorg dat ons Adam Small trots maak.

Darryl, deur middel van die feeste wat jy reël, bring jy boeke na mense en mense na boeke. Watter boeke, watter mense, en in watter tale?

Weet jy, ek het deesdae soveel feeste, maar ek dink met al my feeste probeer ek om ‘n vergete skrywer te vereer. Neem byvoorbeeld skrywers soos Olive Schreiner. En veral JM Coetzee. Een van die grootste skrywers ter wêreld. Een van ons eie. Maar voor ons in Boekedorp Richmond die JM Coetzee-fees begin het, het ons bitter min gedoen om sy werk te vier. Of selfs Athol Fugard. Wat het ons vir sy 80ste verjaarsdag gedoen? Niks. Wat het ons vir Breyten se 70ste verjaarsdag in Suid-Afrika gedoen? Heelwat minder as Frankryk. En dink jy enigiemand sou ‘n boekefees na die Karoo geneem het as dit nie vir die boekedorp en BookBedonnerd was nie? Of Soweto? Soos jy uit al hierdie plekke en skrywers kan aflei, probeer ons aandag aan al ons tale gee. In Pietermaritzburg het ek ‘n hele fees aan die stigting van ‘n Zoeloe Literêre Museum gewy.

En watter boeke wil ons onder die aandag bring? Unieke boeke. Veral boeke wat self uitgegee is. Boeke wat die skrywer se hele leeftyd in beslag geneem het.

Darryl David en die Sowetoteater, wat tydens die Soweto Literary Festival as feesruimte aangewend is

Dink jy daar word genoeg gelees in hierdie land? Wat as jy ‘n plaaswerker op ‘n wynplaas is – soos baie mense in hierdie streek en omgewing: bly daar tyd oor vir lees, of geld vir boeke, wat nog te sê boekfeeste?

I am going to answer this in my mother tongue. Naturally children do not read enough. Although from my Kinderboekfees I can say with certainty Afrikaans primary school children read more than you and I think. But granted, poverty is a stumbling-block. That implies children from poorer backgrounds have less time to read. And no money for books. This book festival is FREE. We charge not a cent. Our doors will be open to the poorest of the poor at the Adam Small Festival. And while it may be true that the children of the Dwarsrivier Valley won’t be able to buy books, at least it provides a space for them to dream. To be inspired to hopefully one day become a writer themselves. To hear Kaaps as a literary language maybe for the first time in their lives. To see people who look the same as them singing and dancing and being admired by the visitors, and to realise that everyone has a talent, even if all of us can’t become writers. We dare not say that because children are poor let’s do away with literary festivals. My kind of festivals allow access to the poor. And we hope that schools will support us. Because it is easier for a school to bring children to book festivals. Parents who work six days of the week will rarely do so. But here I want to say something about Indians. Our forefathers, too, worked as slaves on the sugar cane plantations. But when education is as important as religion, anything is possible. And the poor must also be encouraged to come to such events and sell roosterkoek and koeksisters and gemmerbier. You know we Indians … if such a festival were taking place in KZN, we would be there selling our samoosas, curry and rice and jumbo. It always amazes me why this never happens in the Cape. I don’t ever ask stallholders for money at my festivals. The nearest restaurant is some distance away. We need the community of Pniel to take ownership of this festival. And I am sure they will make some money from the hungry writers and booklovers.

Forever BookBedonnerd

Darryl Earl David

 

 

 

  • 6

Kommentaar

  • Breyten Breytenbach

    Beste Darryl,

    Mens moet vra: hoeveel mense besef die impak en uitwerking van die opvoedings- en bekendmakingswerk waarmee jy besig is? Met die ruimtes wat jy met soveel toewyding en groothartigheid tot stand bring? Hoekom word dit nie méér gevier nie?

    Sit my asseblief op jou lys van deelnemende skrywers in die Adam Small-fees. (Ek nooi my sommer self!) Dis 'n opwindende inisiatief. En dan nogal in Pniël - daardie suurdeeg wat moet maak dat die gedeelde brood van ons taalskap (taallandskap?) rys. Viva Pniël!

    Alle beterskap toegewens vir 'n volledige herstel van jou gesondheid.

    Met erkentlikheid en respek,

    Breyten

    • Dankie Breyten. Dankie vir jou gawe woorde. Ek sit jou graag op die program. Sien jou in Februarie dan. Darryl

    • Baie dankie Breyten en al die skrywers, en groot dank aan Darryl David, wie hierdie fees Pniel toe gebring het, vir julle passie vir Afrikaans en hulde aan Adam Small. Dit was voorwaar 'n ervaring wat ek vir niks sou mis nie. Die groot sukses van die fees is te danke aan al die skrywers se entoesiasme en bydrae om julle literêre werke met ons almal te deel. Dankie ook aan LitNet vir julle bydrae. Ons gaan dit beslis weer doen ...

  • Milton van Wyk

    Beste Darryl

    As gebore Pniëler sien ek uit na die fees. Voorspoed met al die reëlings.

    Groete
    Milton

  • Benita Cyster

    Baie dankie vir hierdie grootse fees op ons tuisdorp. Wat ‘n besonderse verering vir ‘n unieke seun van Wellington. Adam Small se gedigte het op ons almal besonderse impak gemaak en op ‘n ligter noot ook tot baie senutergende oomblikke soms in ons Afrikaanse klasse gelei het want gedigte moes met passie opgesê en ten volle met korrekte stiltebuigings onthou word deur elk van ons as leerders - Hein Willemse was een van my dosente op UWK - dankie vir hierdie fees - sien uit daarna.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top