Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013

  • 11

Inskrywings vir die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013 is gesluit. Klik hier vir die kortlys.


Human & Rousseau
en LitNet nooi Afrikaanse kortverhaalskrywers onder dertig uit om hul ongepubliseerde verhale in te skryf vir die Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd. Die skrywers wie se verhale vir die kortlys van die wedstryd gekies word, sal die geleentheid kry om hul verhale na aanleiding van terugvoering van ervare keurders en teksredakteurs af te rond en werkswinkels in Kaapstad en Pretoria by te woon. Die skrywers op die kortlys staan ook die kans om ’n kontantprys te wen en hulle verhale sal op LitNet geplaas word.

 

Die prysgeld lyk soos volg:

  • 1ste prys R8 000
  • Twee naaswennerpryse van R3 500 elk
  • Die skrywers op die kortlys sal elk R1 000 ontvang.

Reëls

Die sperdatum vir voorleggings is 28 Februarie 2013.

Inskrywings moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Slegs nuwe en ongepubliseerde Afrikaanse kortverhale sal oorweeg word.
  • ’n Maksimum van drie kortverhale per persoon word toegelaat.
  • Skrywers mag nie onder ’n skuilnaam inskryf nie.
  • Skrywers mag nie ingeskrewe verhale elders voorlê terwyl dit vir die wedstryd oorweeg word nie.
  • Die omvang van verhale moet tussen 1 500 en 3 500 woorde wees.
  • Die manuskrip moet in dubbelspasiëring getik word.
  • Die bladsye van die manuskrip moet genommer wees.
  • ’n Inskrywingsvorm moet aan die manuskrip vasgekram word indien dit gepos word – die inskrywingsvorm is hier beskikbaar of by Danita van Romburgh (dvanromb@nb.co.za).
  • Verhale sal aanvanklik anoniem beoordeel word. Jou naam moet dus slegs op die inskrywingsvorm verskyn, nie op die bladsye van die verhaal nie.
  • Verhale moet in drievoud voorgelê word indien dit gepos word.

Geen manuskripte sal ná die keuringsproses aan skrywers terugbesorg kan word nie. Ongelukkig sal daar ook nie verslae of kommentaar aan alle deelnemers gelewer kan word nie. Suksesvolle skrywers sal deur Human & Rousseau in kennis gestel word, waarna die terugvoering- en afrondingproses in oorleg met die keurders en teksredakteurs sal geskied.

Die kortlys sal in April 2013 aangekondig word.

Klik hier om die inskrywingsvorm af te laai.

Navrae en manuskripte kan gerig word aan:

Danita van Romburgh
Tel: (021) 406 3412
Faks: (021) 406 3812
E-pos: dvanromb@nb.co.za

Stuur jou manuskrip na:

Nuwe Stories 2013
Posbus 5050
Kaapstad
8000

 

  • 11

Kommentaar

  • My vraag is dieselfde as Pieter Swart hierbo:  hoekom kan ons ou mense nie inskryf nie?

    Is dit omdat jul jong denkendes, met vars "i-pod", "twitter", "mix-it", "tablet" idees het (ha ha ha)

    Speel sommer; wou net hoor of daar iets in die pyplyn vir ons "bejaardes" sal wees.
     

  • Ai, mens hoor dan altyd die grysheid bring wysheid en nou kan ek nie eens deelneem nie!  Dalk moet ek ophou my hare kleur????

  • Benjamin Bock

    Ek is ook op soek na die bo 30 anderdinges. Vriende soos Anthony moet maar toegelaat word om twee keer in te skryf.

  • Ag ontspan alle ouer garde, daar is mos deurentyd vir julle ook kompetisies om aan deel te neem. Ai!!!

  • Ja, ek is ook al ver oor die dertig. Gaan daar werklik kompetisies vir die oues van dae wees?  Ek is nuut op LitNet.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top