Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Remona Voges

  • 2

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Remona Voges

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Absolute grapjas. Ongeduldig, maar sonder drama.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Christiaan
Boeke
Humor
Camel Silver
Electric swing
Tamaties.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

In ’n hospitaal in die suide van Nederland.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

Ongoddelik deurmekaar / absolute chaos!

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Antjie Krog.

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

Een van hulle is geskryf toe ek vir ’n maand lank in isolasie geplaas is, in ’n hospitaal in Nederland.

Luister hier na opnames waarin Remona van haar gedigte voorlees.

  • 2

Kommentaar

  • Francois Williams

    Hoekom is steeds so baie jong wit vroue verslaaf aan nikotien so diep binne in die 21ste eeu, wonner mens. Freudiaanse vragie of poëtiese geregtigheid ... luister na die stem alleen, growwerig of hoe?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top