Nuut by NB-Uitgewers dié Januarie:
MasterChef SA: The Cookbook , Ouma se storie, Markdag, Kos as dit knyp, A is vir Appel - My ABC boek en Pharos Tweetalige Skoolwoordeboek · Pharos Bilingual Dictionary
Klik op ’n boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.com!
|
MasterChef SA: The Cookbook Dié boek het al die lekkerte van MasterChef South Africa: Wat agter die skerms gebeur het, die uitdagings waaronder die deelnemers moes ly - en natuurlik die voortreflike kos wat hulle voorberei het. Daar is ook smullekker resepte van die gaskokke en die beoordelaars en wenke van die sjefs wat sal help om die moeiliker resepte vinnig baas te raak. They came, they cooked. Only one conquered! Never before have South Africans been gripped by a food phenomenon quite like MasterChef South Africa. Now you can recreate the dishes that made celebrities out of 18 hopefuls. This cookbook has it all: Behind-the-scenes moments, flashbacks of mystery box challenges and gruelling pressure tests. Also included are signature dishes by guest chefs, and whether you love or hate them, the judges also make their (delicious) mark.
Klik hier en koop jou eksemplaar van MasterChef SA: The Cookbook nou van Kalahari.net. |
|
Daar is soveel dinge wat 'n mens nooit vir jou ouma vra terwyl jy die kans het nie. Hierdie pragtig geïllustreerde boek bevat allerhande vrae wat aan Ouma gerig is, wat Ouma kan beantwoord en só haar lewensverhaal met die kleinkinders deel. Daar is plek om te skryf oor familie, haar plek in die geskiedenis, kalwerliefde en vrotsige vryers, reisavonture en meer..
Klik hier en koop jou eksemplaar van Ouma se storie nou van Kalahari.net. |
Uitgewer:
|
Markdag Markte is toenemend gewild en elke klein dorpie en hip woonbuurt het deesdae sy eie een, 'n gunsteling-uitstappie vir oud en jonk. Die koskenners en skrywersbroer en -suster Callie Maritz en Mari-Louis Guy nooi jou uit om deel te word van dié lekkerte. Resepte vir die mark sal jou inspireer met nuwe, kreatiewe resepte, perfek om te maak en verkoop op markdag. Daar is iets vir elke geleentheid - verkoop, present gee of sommer om self te geniet. Skoolkermisse, kerkbasaar en stedelike markte kom onder meer aan die beurt, saam met plaasstalletjies en straatkos. Klik hier en koop jou eksemplaar van Markdag nou van Kalahari.net.
|
Uitgewer: |
Kos as dit knyp Soos baie mense wonder Emilia le Roux vyfuur smiddae wat sy vir aandete kan maak en sukkel sy ook om die kruideniersware begroting te laat klop. Daarom het sy 'n boek geskryf vir mense soos sy. In Kos as dit knyp kry jy wenke oor hoe jy gou goedkoop én gesonde kos kan maak, raad oor hoe jy jou koskas kan beplan, planne wat kosmaakbesluite vergemaklik, interessante maar eenvoudige resepte wat maklik is om te maak, aanduidings by elke resep van jou kosmaaktyd, hoeveel die bestanddele kos, en wat die kos aan jou middellyn gaan doen.
Klik hier en koop Kos as dit knyp nou van Kalahari.net.
|
Uitgewer:
Human & Rousseau ISBN: 9780798157100 Prys: R120 |
A is vir Appel - My ABC boek Vrolike rympies, prettige illustrasies en kleurvolle foto's maak dit maklik en lekker om die ABC te leer! Hierdie boek sal kleuters help om al die letters van die alfabet te leer herken. Eenvoudige rympies help kinders ook onthou hoe elke letter gevorm word. Van A tot Z - dis groot pret!
Klik hier en koop A is vir Appel - My ABC boek nou van Kalahari.net. |
Uitgewer: |
Pharos Tweetalige Skoolwoordeboek · Pharos Bilingual Dictionary Dié woordeboek bevat meer as 10 000 woorde en frases met vertalings; dui afbreking van woorde en primêre klem aan; dui woordsoorte, meervoudsvorme en die verboë vorme van werkwoorde en adjektiewe aan; bevat volledige voorbeeldsinne wat die gebruik illustreer; bevat eg Suid-Afrikaanse Engelse woorde soos (h)aikona, Amabokoboko, amasi, Bafana (Bafana), bakkie, Capey, chommie, curry bunny, galjoen, gyppo, kloof, koeksister, kombi ens.; bevat notas wat moontlike probleemgevalle verhelder en het 'n eenvoudige uitleg.
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter