Noord-Kaapse spookdorpe: Foto's

  • 39

Die Noord-Kaap beskik vandag oor nagenoeg 10 spookdorpe. ’n Spookdorp is ‘n dorp wat vroeër ‘n lewendige gemeenskap gehuisves het, maar wat sedertdien ‘n stildood gesterf het, en al wat oorgebly het van hierdie eens pragtige dorpie is ‘n paar ou murasies en ‘n begraafplaas.

Jan JP van der Merwe het 'n boek oor Noord-Kaapse dorpe geskryf. Lees die artikel hier. Hy deel ook hier onder foto's uit die boek.

 

Deelfontein se ou hotel

Nog 'n foto van Deelfontein se hotel

Die stasienaambord van Draghoender

Die ou hotel van Draghoender naby Marydale

Burgerville se begrafplaas

Die geraamtes van geboue in die ou myndorpie Koegas

Grootmist se NG Kerk

Die ou Anglikaanse kerkie op Sydney-on-Vaal

Ou myngeboue by die ou asbesmyndorpie Koegas

Die ou skoolgeboutjie by Volop

'n Naambord wat die pad aandui na Volop

Burgerville se ou hotel

Putsonderwater se stasie

'n Foto van Volop se ou skoolkoshuis

Die goedversorgde spookdorpie Sydney-on-vaal is die "Pelgrimsrus" van die Noord-Kaap.

Die ou biblioteek en vrymesselaarslosie op Sydney-on-Vaal

Boetsap

Hierdie is nie 'n spookdorp nie. Dié foto is geneem op Alexanderbaai in die Noord-Kaap. Die diamantmynbedrywighede aan die Namakwalandse Weskus is besig om stadig maar seker 'n stildood te sterf.

  • 39

Kommentaar

  • Riette Zaaiman

    Dit is die pragtigste foto's en ek wil beslis 'n kopie van die boek hê om die stories te lees.

  • Reg Boynton-Lee

    Fantastiese foto's - ek het laas jaar my ou woon land van Wes-Kaap getoer en gaan definitief op ons volgende kuier in SA die Karoo doen. Thanks for bringing this to my attention. Laas jaar se Weskus-tripfoto's is te vind by die volgende skakel (link) en as dit nie werk nie, e-pos my gerus by reg@thehappysnapper.com.

    https://thehappysnapper.smugmug.com/BoyntonLees-Travels/SOUTH-AFRICA-NAMIBIA-2016/CAPE-PROVINCE/MEMORY-TRIP-TO-KLEINZEE-TOWN-O/

    Die foto's sluit onder andere ook Wallekraal sowel as ons skoolklas van 1956 Kleinzee in.

    • hannetjie van eeden

      Dis met groot hartseer dat ek vanaand na die foto's kyk. Wens ek kan nog net een maal Koegas besoek.

    • Tilla, het julle nie op 'n plaas daar naby Boegoeberg gebly nie? Ek het 'n Tilla geken met 'n suster wie se noemnaam Koperkop was.

  • Ek onthou as 12 jarige dogter het ons Sydney-on-Vaal besoek en die biblioteek gesien. Ons het ook daar by 'n hotel tee gedrink. Dit was vir my die pragtigste dorpie. Ons het met 'n pont oor die rivier gekom. Ek wens so dat ek weer die plek kan besoek.

  • Derik Grobler

    Maag maak sommer so 'n heimwee-draai om na die foto’s te kyk. Op Draghoender by skoolmaats gekuier terwyl my pa die wolbale op die trein gelaai het. Die Hollander-omie van die hotel het ons op aanmaak-Oros trakteer net om bietjie te gesels. Op skool op Marydale, 'n hanetreetjie weg, het ons op 'n Woensdag teen Volop se seuns rugby gespeel op ons grondveld. As hulle almal agter op 'n bakkie opgedaag het (moes twee spelers leen om die span vol te maak). Marydale se skooltjie vandag net 'n afgebrande murasie. Op Koegas het ons Kerstyd die myn se Kersfeesfunksie by die klub gaan bywoon en ongelooflike mooi geskenke gekry. Op Putsonderwater ons Kaapfamilie gaan haal as hulle op die trein Draghoender verbygeslaap het. Stasievoorman ('n kennis) het gebel en gesê hulle wag by sy huis. Voel sommer 'n roman kan vorm kry!

  • Michelle Locmant Sharwood

    Ek het in Koegas grootgeword. Ons het terug gegaan in 2007, en dit was verskriklik hartseer om te sien hoe dinge verander het in beide Koegas en Draghoender. Ek onthou nog steeds met heimwee die fantastiese Sondagmiddag-etes wat ons geniet het in die Draghoender-hotel! Alles nou verlate en doodstil. In Koegas alles wat oorgebly het buiten 'n paar myngeboue is die klub, die prinsepaal se huis en nog 'n ander huis. Al wat van my ouers se huis oorgebly het was die braai en 'n hoop stene! So hartseer!

  • Dis sooo jammer dat die hart van baie gemeenskappe so uitgesterf het ... die mense was die sout van die aarde! Dit gryp my aan die hart!

  • Ek het grootgeword baby Groblershoop. Ek sal bitter graag hierdie boek wil koop. Waar is dit beskikbaar?

  • Este Loubser Vorster

    Pragtig ek wil ook graag die boek oor die Spookdorpe koop. Waar is dit verkrygbaar?

  • Hoekom voel Suid-Afrikaners dit is nie nodig om geboue the bewaar nie? Dit is tog deel van ons verlede en nalatenskap.

    • Johan de beer

      Ek glo sommige mense het nog nie die waarde van beskawing besef nie! Ongelooflik hartseer! Johan de Beer. Nylstroom.

  • Ja ek sal ook graag die boek wil koop. Ek is op Boegoeberg gebore en ons naaste stasie was Putsonderwater. Later jare het my ouers my daar op die trein gesit om Oudtshoorn toe te gaan.

  • Johan van Wyk

    Ons het op Koegas en Marydale gebly voor 1969. Daarna in Groblershoop skool gegaan tot 1975. Bky nou naby Sydney on vaal.

    • Johan de beer

      Waar lê Skydney-on-Vaal? Kry dit nie op 'n kaart nie. Dankie. Johan de Beer, Nylstroom.

      • Nico M Ferreira

        Waar is Sydney-on-Vaal?
        Ry vanaf Kimberley op die R31 na Barkly-Wes, ry verder wes om eers Longlands te kry en dan 'n paar kilometer verder moet jy stadig om nie Sydney-on-Vaal te mis nie.
        Verder aan kry jy Delportshoop en Ulco en Koopmansfontein - die ware Griekwaland-Wes - absoluut onontdekte dele van die Noord-Kaap.
        Geniet!
        Nico M Ferreira

        • Johan de beer

          Dankie vir die inligting Nico. Ons sal beslis gaan kyk. O ja, en dink jy die woonwa sal die grondpaaie kan vat? Baie dankie. Mooiloop-groete uit Nylstroom, Johan de Beer.

          • Nico M Ferreira

            ... 'n woonwa op grondpaaie ... jammer ek kan niks waarborg nie ... party grondpaaie is sinkplaat gery en ander is absoluut gelyk ...
            Nico M Ferreira
            Pretoria

    • Johan de beer

      Watter boeke kan jy aanbeveel Zelda? My vrou en ek wil Maartmaand die HELE Boemanland deurkruis! Help asb! Baie dankie, Johan de Beer.

  • Raymond Nelson

    Ek is gebore en het grootgeword in Alexanderbaai. My pa het vir die Staat gewerk. Dit was die beste tyd van my lewe.

  • As iemand belangstel om deel te wees van n toer Na die ou dorpies van die Noordkaap, Kontak my 0828522460

  • Ek wil graag kontak maak met Tilla Diedericks en Attie Coetzee. Ek is van mening ons kom van dieselfde plek(Boegoeberg) af.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top