Nog steeds oor TYD vir F C Boot

  • 20

Beste F C Boot,

In jou reaksie op my kommentaar waar jy op 2017/06/02 vir Angus ’n definisie van tyd gevra het, het jy as  volg gereageer:

 “Veronderstel niks beweeg nie, alles staan stil, wat het dan van tyd geword? Al wat dan oorbly is 'ruimte'. Veronderstel dan nou verder dat daar niks waarneembaar is nie. Wat het dan van 'ruimte' geword? Tyd is dus 'n illusie . . .”

Nou ek is ’n bietjie vlak vir so ’n argument waar jy op grond van veronderstellings tot so ’n gewigtige gevolgtrekking kom.

Wil jy nie die  “International System of Units” (SI) met hierdie argument  probeer oortuig dat die eenheid vir die meet van tyd (die sekonde) nie bestaansreg het nie, omdat tyd ’n illusie is. Ek meen waarom sal enige persoon ’n illusie wil meet?

Groete

Panda 

 

  • 20

Kommentaar

  • Beste Panda
    Dit het slegs 'n bestaansreg om orde in ons bestaan te skep. Solank ons planeet bestaan en dieselfde omwentelingstempo handhaaf en ook sy gang om die son voltooi sal daar 'n begrip soos 'tyd' wees.
    Veronderstel nou die aarde se omwentelingstempo neem af en gang om die son vertraag en omwenteling word voltooi in 30 uur ,is jou argument oor '“International System of Units' dan nog geldig?
    Omdat ons biologiese wesens is het die Skepper dit goed gedink om die mens te laat ontstaan op 'n planeet waar daar periodes van rus en werk is. Neem alles wat waarneembaar is weg, en sweef ons rond in 'n oneindigheid hou 'tyd' soos ons dit ken op om te bestaan.
    Lekker dag.

    • Beste F C Boot,
      Jy ondersteun jou argument dat tyd ’n illusie is met veronderstellings. Daarmee kan jy niks bewys nie omdat ’n veronderstelling waar of vals kan wees. Jy sê:
      “Veronderstel nou die aarde se omwentelingstempo neem af en gang om die son vertraag en omwenteling word voltooi in 30 uur”
      Laat ek jou net eers met die korrekte feite en jou terminologie reghelp. Jy verwar wentel (orbid) en roteer (rotate) met mekaar. Die aarde ‘wentel’ in 365¼ dae 1 keer om die son en ‘roteer’ in 24 uur 1 keer om sy denkbeeldige as. Sou die aarde se omwenteling dus afneem tot 30 uur, soos jy in jou voorbeeld veronderstel, beteken dit dat die aarde elke 30 uur ipv elke 365¼ dae 1 keer om die son wentel. Ek neem aan dat jy veronderstel die rotasiespoed neem af tot 30 uur.
      Jy wil voorts van my weet of my argument oor die “International System of Units” in die lig van die veronderstellings wat jy maak, dan nog geldig is. Ek het geen argument oor die SI gemaak soos jy beweer nie. Ek het slegs vir jou die definisie van die SI gegee oor die eenheid (sekonde) waarmee tyd gemeet word. Die SI se definisie van die sekonde is al 50 jaar gelede (1967) aangepas sodat die rotasiespoed van die aarde glad nie meer ’n faktor is nie. Jy het dit skynbaar nie raak gelees nie so ek herhaal vir jou: “The second is the duration of 9 192 631 770 periods of the radiation corresponding to the transition between the two hyperfine levels of the ground state of the cesium 133 atom” (Kyk my kommentaar 2017-06-02).
      Dankie, vir die webwerwe wat jy aanbeveel het. Ek wou eintlik jou eie mening hê ... Ek dink ook nie jou aanhalings uit Die Bybel oor die skepping en die rusdag het betrekking op die onderwerp wat ons bespreek nie.
      Groete
      Panda

    • Hans, Ja. Die meeteenheid vir tyd is die sekonde. Dws “The second is the duration of 9 192 631 770 periods of the radiation corresponding to the transition between the two hyperfine levels of the ground state of the cesium 133 atom.” Dit sal op enige plek in die heelal dieselfde wees.

  • Beste F C Boot,
    Per jou definisie van tyd soos deur Panda hierbo aangehaal, is tyd dus nie 'n illusie nie.
    Volgens jou is tyd slegs 'n illusie indien niks beweeg nie en as niks waarneembaar is nie; dus is dit nie 'n illusie nie,want daar is beweging, en die mens kan waarneem.

    Nog 'n as wat verbrande hout is: as die mens nie bestaan het nie, was daar ook nie so iets soos 'n illusie nie, want 'n illusie is verkeerde menslike waarneming.
    Groete,
    Angus

    • Angus,
      Jy is 100% reg. Daar trap FC Boot toe in sy eie slagyster met sy veronderstelligs.
      Groete
      Panda

  • Beste Angus
    Wat meet jy nou eintlik met tyd? Natuurlik is tyd 'n illusie, want dit verdeel dan 'n verskynsel in die natuur wat ons kan waarneem agv die aarde se rotasie en wat ons 'nag' noem in twee en deel dit dan toe aan verskillende periodes van lig wat ons 'dag' noem.
    Dit wat ons 'tyd' noem is dus 'n produk van ons brein.
    Lekker dag.

  • Beste Angus en Panda
    Gaan gerus na http://www.physics-astronomy.com/2016/05/according-to-einstein-time-is-illusion.html#.WUfiuISGPIU.
    Panda verwys na die volgende: Unit of time (second) Abbreviations: CGPM, CIPM, BIPM
    The unit of time, the second, was defined originally as the fraction 1/86 400 of the mean solar day. The exact definition of "mean solar day" was left to astronomical theories. However, measurement showed that irregularities in the rotation of the Earth could not be taken into account by the theory and have the effect that this definition does not allow the required accuracy to be achieved. In order to define the unit of time more precisely, the 11th CGPM (1960) adopted a definition given by the International Astronomical Union which was based on the tropical year. Experimental work had, however, already shown that an atomic standard of time-interval, based on a transition between two energy levels of an atom or a molecule, could be realized and reproduced much more precisely. Considering that a very precise definition of the unit of time is indispensable for the International System, the 13th CGPM (1967) decided to replace the definition of the second by the following (affirmed by the CIPM in 1997 that this definition refers to a cesium atom in its ground state at a temperature of 0 K):
    The second is the duration of 9 192 631 770 periods of the radiation corresponding to the transition between the two hyperfine levels of the ground state of the cesium 133 atom.
    Beteken dit nou dat tyd bestaan of is dit net 'n produk van menslike denke?

  • Beste Panda en Angus
    Uit julle kommentaar is dit duidelik dat jul nie die begrip 'Tyd' verstaan nie en dat 'tyd' niks te doen het met die terminologie wat jy gebruik nie.
    'Tyd' is niks meer as die waarneming van verandering nie, van een gebeurtenisse wat mekaar opvolg. Daarom het mense na iets gesoek waar die verandering konstant is en ook vir almal wat dit waarneem.
    Die probleem is dat ons waarneming slegs werk as daar verandering is, dus as niks verander, geen beweging van een toestand na 'n ander, bestaan 'tyd' nie.
    'Tyd' verdwyn dus as alles stilstaan en niks verander nie. Dit is om die rede dat ons gebeurtenisse verskillend waarneem, afhangende van ons posisie.
    Op ons planeet kan 'n mens afhangende van jou posisie jou dus in verskillende tydsones bevind, alhoewel almal dieselfde 'tydeenheid', soos deur Panda verduidelik, gebruik om die verandering mee te meet. 'Tyd' skep dus orde anders sou ons nooit afsprake kon maak en vind gebeurtenisse altyd in 'present time' plaas.
    Dit sal dus interessant wees om te hoor hoe blinde mense tyd ervaar.

  • Beste FC Boot,
    Volgens jou skrywe, is jy self nou so deurmekaar wat die begrip "tyd" betref, dat jy nie eens weet wat jyself skryf nie. Jy sê aan die een kant "tyd" is 'n illusie, en dan weer kom jy met 'n definisie waarvolgens dit nie 'n illusie is nie. (Jy beweer as niks beweeg nie, is "tyd" 'n illusie. Hieruit volg logies dat as daar beweging is, is "tyd" nie 'n illusie nie.) Buitendien weet jy nie wat die woord "illusie" beteken nie. 'n Illusie is 'n verkeerde waarneming deur die mens. "Tyd" is 'n menslike bousel, en as die mens verdwyn, verdwyn "tyd", maar dit beteken nie dit is 'n illusie nie.
    Jy wil by my weet wat meet 'n mens met tyd. (Ek hoop jy verstaan jou eie vraag.)
    Die SI-eenheid van tyd is die sekonde. Die sekonde was oorspronklik 1/86400 van 'n dag, bereken volgens die omwenteling van die aarde om sy eie as. Deesdae word die sekonde met 'n sesiumatoomklok gemeet, en daar word daaraan gedink om selfs die waterstofatoom te gebruik wat nog akkurater is.
    Tyd kan akkurater gemeet word as bv afstand, daarom word dit gebruik om afstand te meet. Die meter is die afstand wat lig trek in 0.000000003335640952 sekonde. Daarmee kan gemeet word die ouderdom van: die heelal, die sterrebeelde, die aarde, lewe op aarde, die half-lewe van isotope, die tydsduur van 'n universiteitslesing, die lewenstydperk van die maan, die leeftyd van 'n onstabiele subatomiese partikel, noem maar op.
    Daar is 'n verskil tussen verbeelde tyd en werklike tyd. Met verbeelde tyd kan jy in enige rigting in die ruimte beweeg. Daar is geen verskil tussen vorentoe, agtertoe, boontoe, ondertoe, of sywaarts na enige kant toe nie. Met werklike tyd is daar wel 'n verskil tussen bv vorentoe en agtertoe, soos ons almal weet. Waar kom die verlede en die toekomende tye vandaan? Waarom kan ons die verlede onthou, maar nie die toekoms nie? Die antwoord lê in die tweede wet van termodinamika wat sê dat entropie vermeerder met tyd in 'n geslote sisteem. (Murphy se wet: alles het die neiging om verkeerd te loop.)
    Kom ek verduidelik dit met 'n koppie koffie wat op 'n tafel staan. Op die tafel is dit nog heel met koffie in. Stoot dit oor die rand en soos dit val, stort die koffie uit en die koppie breek as dit die grond tref. Dis beweging vanaf hede na die toekoms, van orde na chaos. Nooit sal die koppie vanaf sy gebreekte toestand terugkeer sodat dit weer heel met koffie in op die tafel staan nie. Vanaf die verlede na die hede na die toekoms is eenrigtingverkeer.
    Dit laat my dink aan die ou wat maar onder die pantoffelregering gestaan het. Hy het sy plesiertjie gehad deur sy troufilm agteruit te speel, en te sien hoe hy sy bruid vir haar pa teruggee.
    Dan is daar nog time dilation (ek weet nie wat die Afrikaans is nie) en die verskil tussen Newton en Einstein, maar daarmee sal ek nie nou lol nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy is totaal deurmekaar. Die feit dat die mens 'n begrip soos 'tyd' uitgedink het maak van 'tyd' nie 'tyd'. Daar is sekere natuurverskynsels wat ons waarneem as periodes van lig (dag) en donker (nag).
    Hierdie natuurverskynsels verdwyn as die aarde stilstaan. Tog het dit gelei tot die illusie van 'n son wat opkom en ondergaan en is begrippe soos oggend, middag en aand so diep ingewortel by die mens dat dit deel is van ons tydverwysingsraamwerk.
    Natuurlik is die tydverwysings baseer op 'n illusie wat die mens se brein geskep het agv 'n verkeerde vertolking van die natuurverskynsels soos hierbo genoem.
    Die son kom nie op en gaan nie onder nie. Tog praat sommige skrywers van die son
    as die :'Master of all time".
    Jy is verder deurmekaar met jou koppie koffie, dit val van die tafel en stort koffie
    uit in teenwoordige en nie toekomstige tyd nie. Soos die spreekwoord dan ook
    teregte sê: "Tomorrow never comes" it is a general truth: no tomorrow ever comes, because when it does come it's today.
    Nou hoop ek jy begin al iets verstaan. Die ergste van alles is dat die agterlike antieke mense van die Bybel se begrip van 'tyd' baie beter was as die moderne mens en het hul nie 'n deel van 'n natuurverskynsel in twee gedeel om een helfte toe te ken aan die periode van lig wat verdwyn het en die ander helfte aan die periode van lig wat nog moet aanbreek. Nee dag en nag was 'n eenheid en daarom verstaan mense soos jy met 23 Bybels niks van wat die Bybelskrywers daaroor sê nie.
    Selfs op 'n planeet wat stilstaan kan jy nog steeds koppies koffie van 'n tafel laat val, goed rondstoot, in jou motor klim, op jou fiets rondry. As jy nou ver genoeg gereis het, is die koppie koffie en tafel deur afstand en nie 'tyd' nie van jou verwyder en gaan brein dit so waarneem en in die langtermyngeheue registreer en as jy gelukkig is en as jy nie aan een of ander breinsiekte begin ly nog lank onthou.
    Jy sien dus dat 'tyd' hier geen rol gespeel het nie omdat die aarde nie gedraai het en die son konstant op een plek was. Moet dus nie voorbeelde en wette bysleep nie.
    'Tyd' vir die mens het dus begin ontstaan toe ons heelal in beweging gekom het en die aarde begin draai het en sy gang om son 'n aanvang geneem het.
    Voor die Skepper die proses aan die gang gesit het was daar nie 'tyd' in enige vorm soos ons dit tans ken. Tyd so lyk dit, is dus 'n funksie van beweging en illusies daaromtrent geskep deur die mens se brein.
    Ek tik hierdie om 9.10 vm en sou dit om 00.11 in 'California' getik het. Daar moet ek nou gaan slaap, plaaslik is ek al 'n paar uur wakker.
    Doen moeite en lees gerus die webblaaie waarvan ek die skakels voorsien het.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Bogenoemde skrywe van jou is ʼn goeie voorbeeld van twak praat, terwyl ons ʼn interessante, maar moeilike onderwerp bespreek.
    Jy skryf: “Die feit dat die mens 'n begrip soos 'tyd' uitgedink het maak van 'tyd' nie 'tyd'
    Afgesien daarvan dat die sin ongrammatikaal is, maak dit nie sin nie, hoe ek dit ook al draai en pas. Dan volg ʼn sin wat heeltemal geen verband met die vorige hou nie, en vaagweg van iets oor “sekere” natuurverskynsels beduie. Dit lyk my jy verwys na die rotasie van die aarde, want jy praat van “periodes lig en donker”. Natuurverskynsels is in die meervoud; dus is daar nog iets duisters by wat jy geheim hou.
    Dan kom die eienaardigste waarvan ek nog ooit gehoor het: hierdie geheime natuurverskynsels verdwyn en die uitwerking van hulle verdwyning is dat die aarde gaan stilstaan. En die hele storie van die verdwyning van natuurverskynsels en die aarde wat gaan stilstaan, is ʼn bewys, volgens jou, dat tyd ʼn illusie is.
    Ek sal graag by jou wil hoor wanneer die aarde so sou stilgestaan het, of glo jy werklik die bybelse sprokiesverhaal?
    Die beeld van die vallende koppie koffie het ek gebruik om aan jou die tweede wet van termodinamika en entropie te verduidelik. Enigiemand, indien hy kon lees, sou verstaan het dat die vallende koppie verteenwoordig beweging vanaf teenwoordige na die toekoms en wanneer die koppie breek, is dit in die teenwoordige tyd. Ek het maar gedink dis ʼn goeie beeld, aangesien Stephen Hawking dit gebruik het in sy boek A Brief History of Time om hierdie moeilike begrip te verduidelik. Maar, nou ja, as jy dit nie verstaan nie, dan moet dit maar vir jou ʼn moeilike begrip bly. Veral as ek jou kommentaar daarop lees, kan ek sien dat jy in der dag des levens nooit ooit sal kan verstaan nie.
    As ek jou skryfsel so gade slaan, dan is my enigste raad aan jou om jou onderwysers onder die klippe te gaan steek, veral jou taalonnie ʼn taai klap te gee, en jou skoolgeld terug te vra.
    Groete
    Angus

  • Beste Angus
    My beste raad vir jou is om weg te kom van jou vooropgestelde idees oor wat 'tyd' is.
    So sal jy as jy werklik ernstig is bv na die video van “TIME is an ILLUSION according to EINSTEIN - (the space-time continuum)” luister.
    Jou koppie-voorbeeld werk nie, want die koppie val en die koffie stort uit in 'present
    time' en nooit in 'past' of 'future time' nie en kan dus nooit as 'n voorbeeld van laasgenoemde dien nie.
    Nou is jy nog verder deurmekaar oor die 'aarde' wat in die Bybel stilgestaan het. Die aarde hoef nie stil te staan nie, as die aarde effens stadiger draai as tans, sal daar 'n langer 'dag' en 'nag' wees as waaraan ons tans gewoond is. Daar sal dus langer periodes van lig en donker wees.
    As jy dit nie verstaan nie moet jy beslis skoolgeld gaan terug haal. In Joshua 10 vers 12 word gepraat van 'n son en maan wat stilstaan, want dit is wat die mense ervaar het.
    Ons weet dat dit net so verkeerd is as waarvan ons vandag praat, as ons praat van sonsopkoms en ondergaan. Wat ons wel vandag weet is dat as ons planeet stadiger draai of as dit 'n groter planeet was die periodes van lig, wat ons dag noem, langer sou wees as waar ons tans gewoond is. So ook vir die periode van donker wat ons nag noem.
    Hier is die daglengtes soos dit op NASA se webblad verskyn.
    Planet Day Length
    Mercury 1,408 hours
    Venus 5,832 hours
    Earth 24 hours
    Mars 25 hours
    Jupiter 10 hours
    Saturn 11 hours
    Uranus 17 hours
    Neptune 16 hours
    Jare verskil ook op ander planete. Ons begrip van wat 'tyd' is gaan dus ook verskillend op die planete wees. As jy iets wil meet, is 'n vereiste dat jou meetinstrument onder alle omstandighede dieselfde moet meet. Dit is om die rede dat Panda tereg opgemerk het dat daar nou 'n ander meetmetode van 'n sekonde is, omdat dit die mees konstante is.
    'n Mens gebruik dus hierdie meetinstrument om iets anders mee te meet, nl die aarde se omwenteling ,wat gemeet met 24 uur is. In https://www.scientificamerican.com/article/experts-time-division-days-hours-minutes kan 'n mens dan lees hoe dit tot stand gekom het.
    Hierdie is alles menslike pogings. 'n Artikel wat meer in jou kraal sal wees, is
    WHAT IS TIME AND WHAT CAUSES TIME?
    By Dr Mohammad Humayoun Khan. Stuur jou epos adres na Khan
    mkhan@timephysics.com en hy sal die volledige artikel aan jou epos.
    Jy kan ook https://www.space.com/29859-the-illusion-of-time.html aktiveer en nog menings lees.
    Thermodynamics per definisie is:
    "Thermodynamics is the branch of physics that deals with the relationships between heat and other forms of energy. In particular, it describes how thermal energy is converted to and from other forms of energy and how it affects matter."
    Natuurlik is dit 'n feit dat as ’n koppie koffie van die tafel val en die koffie uitstort, dit 'n geval is van orde na wanorde. Solank dit koffie in die koppie is, is daar 'orde' in die toestand, val dit en breek in stukke, het dit uit 'n menslike oogpunt gesien in 'wanorde' verval, maar beide toestande was in 'present time', want ons lewe en beweeg in 'present time'.
    Lekker dag

  • F C Boot,
    Nou wat het die onderskeie daglengtes op die verskillende planete nou hoegenaamd met die gesprek uit te waai? Jy kan vir dieselfde prys net sowel die aantal dae vir die onderskeie maande van die jaar ook byvoeg of die omwentelingsperiodes van die onderskeie planete om die son.
    En dan vra jy vir Angus: ‘Wat meet jy nou eintlik met tyd?’ Wat beteken dié vraag? Niemand het mos beweer dat jy met tyd kan meet nie! Jy kan wel tyd meet maar nie met tyd nie. Die gesofistikeerdheid van toestelle waarmee tyd gemeet word sal afhang van hoe akkuraat jy die tyd wil meet. Wayde van Niekerk se tyd vir die 400m (43.03 sekondes) is met ’n stophorlosie gemeet. Die atoomhorlosie in Switserland wat sedert 2004 in werking is, sal na bewering minder as 1 sekonde in 30 miljoen jaar, afwyk.
    Groete
    Panda

  • Beste FC Boot,
    Ek hoop jy besef waarvoor jy jou inlaat as jy eers begin bespiegel oor tyd. Een van die grootste probleme vir die wetenskap is juis die aard van tyd: vanaf die sogenaamde Big Bang tot by die raaisels van die kwantum fisika. Wat die illusie van tyd betref: die vooruitgang van die wetenskap word juis gekenmerk deur die verwydering van allerhande illusies. Materie is skynbaar glad maar bestaan uit atome. Atome is skynbaar onverdeelbaar, maar bestaan uit protone, neutrone en elektrone. Die eerste twee is ook verder verdeelbaar deur elementêre partikels genaamd kwarke. Die son draai skynbaar om die aarde, maar dis andersom, en eintlik beweeg alles relatief tot iets anders.
    As jy ʼn student van tyd is, weet ek nie of dit raadsaam is om juis met Einstein te begin nie. Dit sal wees soos om die huis se dak op te sit, terwyl die fondament en die mure nog nie daar is nie, maar nou ja, Einstein se twee relatiwiteitsteorieë is die mees basiese teorieë van tyd of moet ek sê, tydloosheid. Einstein se Gelyktydigheidsrelatiwiteit en Blok heelal: Beide was ʼn groot stap om die begrip tyd uit die fisika te verban.
    Die wetenskaplike beskouing dat tyd ʼn illusie is, het sterk argumente. Een daarvan lê juis in ʼn debat wat ek en Jan Rap voorheen gehad het op SêNet, nl hoe verstaan ons wat ʼn wet van die natuur is. Het wetenskaplikes iets in die natuur waargeneem en dit toe beskryf dmv ʼn wet, of was die wet alreeds daar en bestuur die heelal onverbiddelik presies sonder enige vryheid.
    Om ʼn lang storie kort te maak, Einstein se teorieë is die sterkste argument wat ons het vir die illusie van tyd. Toe ek in matriek was, het ons wetenskaponnie my ʼn boekie in die hand gestop met ʼn papieromslag wat gehandel het oor hierdie teorieë. Destyds het ek gedink ek verstaan hulle, maar mettertyd het dit vir my al moeiliker geword. Miskien kan jy dit aan my verduidelik, aangesien jy so goed onderlê is daarin. In elk geval daar is die spesiale relatiwiteitsteorie waarin gravitasie verdwyn. Einstein het dit aangebied in twee lesings in 1905. Dan is daar die algemene relatiwiteit en sluit weer gravitasie in. Beide handel oor tyd, of moet ek sê, tydloosheid. Volgens hierdie teorieë is daar geen skeiding tussen verlede, die hede en die toekoms nie. Die mens ervaar dit net, maar dis ʼn illusie en geen beweging vind plaas vanaf die hede na die toekoms nie.
    Die probleem met Einstein se relatiwiteitsteorieë is dat dit ʼn statiese heelal veronderstel, en daar is bewyse daarvoor dat dit nie die geval is nie.
    Wat die wetenskap betref: ʼn wetenskaplike teorie, bv Darwin se evolusieteorie, of die swaartekragteorie, moet waarnemings in die natuur beskryf. Die mees elementêre waarneming wat die mens maak is dat die natuur deur tyd georganiseer word. Dit vertel ʼn storie en ʼn storie is mos ʼn vloei van momente. Geskiedenis is die een gebeure wat voortvloei na die ander. Niks is staties nie, daarom kan tyd nie ʼn illusie wees nie. Dis iets wat gemeet kan word. Elke ding wat ons ondervind, elke gedagte, elke indruk, aksie, voorwendsel, is deel van ʼn moment. Die wêreld word aan ons voorgehou as ’n reeks momente, en ons het geen keuse daarin nie. Ons het geen keuse om in die hede te wees nie. Ons kan nie terug in die verlede nie, maar die hede beweeg vorentoe en wat nou toekoms is, word die teenwoordige. Ons het ook geen keuse wat die tempo van die vloei van die momente is nie; ons kan bv nie spronge maak nie. Daar is dus duidelik ʼn verskil tussen tyd en ruimte.
    So terloops, die planeettye van NASA word gemeet volgens ons horlosie hier op die aarde.
    Die industriële revolusie van die 19de eeu het die studie van stoommasjiene, hitte en beweging genoop. So het die wette van termodinamika ontstaan. Die studie daarvan het egter ʼn beter verstaan veroorsaak van baie ander dinge, soos entropie, en die verstaan van die werking van die heelal. Dit het niks direk met tyd te make nie, maar ʼn kennis daarvan gee ons ʼn beter insig in tyd. Ek het entropie met die val van ʼn koppie koffie probeer verduidelik. Ek is jammer daaroor dat ek dit gedoen het, want jou koffie is net daardeur net verder vertroebel sodat jy nou glad nie kan sien dat tyd ʼn werklikheid is nie. Jy klou maar net blindelings aan Einstein met sy statiese heelal vas.
    Groete
    Angus

  • Dankie vir jou antwoord. Nee ek steek nie vas by Einstein nie. Ek het juis probeer om te begin by die begin deur verwysings na verskillende webskakels, wat ondermeer gehandel het hoe 'tyd' 'n meetinstrument geword het te gee en hoe 'n mens se waarneming daarvan daarby inpas.
    Dit is ook om die rede dat ek gewonder het hoe ervaar 'n blinde mens tyd.
    Die volgende skakel handel oor mense wat terwille van die wetenskap 'n tyd in 'n grot deurgebring het.
    Dit is duidelik dat hul totaal uit voeling geraak het met “tyd”. Jy kan dit lees
    op http://thescienceexplorer.com/brain-and-body/isolation-dark-drives-humans-brink-insanity-studies-find
    Nogmaals dankie vir jou moeite en antwoord.
    Lekker dag

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top