New Atheism

  • 20

Wat my teen die bors stuit is die militantheid van die sogenaamde "New Atheism" soos dit te siene is in die kommentare op LitNet. Die New Atheism is soos die filosoof en groen-konserwatis John Gray dit beskryf maar net ’n hangover van die Christelike era. Net soos die Christelike geloof ’n sendinggeloof (missionary faith) is, so ook is die New Atheism ’n sekulêre weergawe van die Christelike sendinggeloof (missionary faith). Dit is nie goed genoeg vir die proponente van die New Atheism om die vryheid te hê om hulle geloof te beoefen – soos hulle inderdaad ook kan in Westerse lande en ook hier ter plaatse – dit is hulle doel om ander mense ook te ‘bekeer’ daartoe.

Daar is niks so vervelig soos om die apologete van New Atheism se argumente te lees nie. Soos die Christelike apologete is dit so voorspelbaar en verbeeldingloos. Ons het nou almal gehoor jy is ’n ateïs en hoekom jy een is, dankie. Kan ons dalk nou aanbeweeg en iets anders soos die korrupsie in ons land bespreek?

  • 20

Kommentaar

  • Jy's reg Sagrys, soos ek al voorheen hier gesê het - die ateïste is se beheptheid met hulle sending is meer intens as die mees toegewyde Jehovasgetuie. Jaco gaap oor die korrupsie en net vandag hoor ek Bloemfontein kom tot stilstand oor die munisipaliteit net weier om verskaffers te betaal.

    • Dit is ook interessant, waar bietjie dekadent om oor te tob as 'n mens dink dat ons land deur korrupsie en wanbestuur vernietig word. Laasgenoemde raak my sak, eersgenoemde nie.

  • Beste Jan,
    Het jy al ateïste gesien wat op hoeke van strate staan, en by mense se huise aanklop om traktaatjies oor ateïsme te verkwansel? Al wat ateïste doen is om hulleself te verdedig teen die aanslae van die geloof wat dreig met die duiwel en die hel. As die Islamgeloof, wat maar 'n suster is van die Christengeloof, hier die staatsgeloof sou word, sal Bloemfontein se probleme en korrupsie lyk na ’n Sondagskoolpiekniek.
    Groete,
    Angus

  • Die Apateistiese Manifesto:

    God bestaan,
    God bestaan nie,
    God bestaan,
    God bestaan nie,
    God bestaan,
    God bestaan nie,
    God ...
    Wat maak dit saak?

  • Dit maak saak of God bestaan of nie. As hy wel bestaan, is dit tyd dat Superman die mannetjie in die bek loop ruk.

  • Sagrys. Jou waarneming is korrek. Die anti-Christe/mense raak elke dag al hoe meer bekkig en arrogant. Het jy al van die gesegde gehoor, 'n benoude kat maak benoude spronge? Hulle weet iets kom maar weet nie wat nie. Dit is die onsekerheid waarmee hulle saam leef. Hulle soek iets maar kry dit is weg.

  • God bestaan ... God bestaan nie. Wat maak dit saak? Ek stem saam. Dit maak nie saak nie. Dit geld ook met die korrupsie-gesprek. Hierdie gesprek lok net 'n gesanik oor verval wat niemand hier op SêNet enigiets aan kan doen nie, en enige vorm van gesanik wek by my een groot gaap.

  • Om terug te keer na wat so vreeslik teen die bors stuit: daar is ʼn verskil tussen ou ateïsme en nuwe ateïsme.
    Mense soos Jean Paul Sartre en Bertrand Russell het van die standpunt uitgegaan dat die meeste religieë nie wetenskaplik ondersoek word nie; dus onvervalsbaar is. Die nuwe ateïsme soos beoefen deur oa Richard Dawkins, Sam Harris ea beskou religieë as hipoteses en kan dus wetenskaplik ondersoek word. As ʼn religie soos die Christelike geloof se aansprake nie bewys kan word nie, word dit verwerp totdat nuwe data verskyn. Hierdie argument word gerugsteun deur nuwe ontwikkelinge in dissiplines soos die Kosmologie, Neurobiologie, Evolusionêre Biologie. Aansprake van die geloof soos dat die oorsprong en ontstaan van die heelal, nie ondersoek kan word nie, en so ʼn bewys is dat God bestaan, word die nek ingeslaan. Gelowiges sien dat hulle ou wêreldjie krimp en inmekaar stort, en kom deesdae met ʼn nuwe strategie vorendag. Hulle probeer met mag en mening om te bewys dat geloof en die wetenskap mekaar aanvul, en nie weerspreek nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top