Nelspruit

  • 0

Nelspruit het verskuif
na waar huisies
astrant
van klipkoppies hang;
waar warm lug
soos ’n vars drankasem
aan die teer vasklou.

Nelspruit is nie meer
in die grotte
en diere
en die avo’s en mango’s
en guest houses
met ’n uitsig oor die kloof nie.

Nelspruit
is vir my in die warm koppies
van KaNyamazane,
in die taxi’s
in Chris Hani Street
en Plizo’s Grilled Chicken
se helder binnekleure.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top