Neëntien-vier-en-neëntig

  • 0

ek is klaar met
ry-stap, weg-pak, in-plak
middagdae 
klaar met 
woord-groot, pouse-brood, klas-wissel
wraktyd
rugby-hardloop, liefde-loser, drama-droom
parlement 

my 1994 het aangebreek 
koninklik gegrinnik toe ek hom
gewaar (gewaarsku) het:
my Verwoerd (verward)
my Mandela (helaas)
het oud geword 
(in vrede dood; vermoor)
ek is klaar met kleinhart-punte-wen
(tiek-tiek-tiek)
die klok gaan lui

demokraties is my tyd
wat nou verby is

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top