’n Reuse-raaisel

  • 19

Daar is chaos by die universiteite; daar word gebrand en gebreek en verniel oor studente voel hulle gaan nie hulle sin kry nie.  Hierdie dissiplinelose gedrag is nie die raaisel nie want die verklaring is voor-die-hand-liggend:  Gebrek aan lyfstraf; dit is nie toegelaat in skole nie en selfs ouers mag hulle eie kinders nie meer tugtig nie.  Die psalmdigter is reg, spaar die roede en bederf die kind.

Lat1

Kinders, wit en swart, gooi steeds die vloermoere waaraan hulle gewoond was om hulle wil af te dwing, hulle het geen agting of respek vir outoriteit nie want vir hulle bestaan daar nie so iets nie.  Die afskaf van lyfstraf was eintlik ’n groot onreg wat aan kinders, en gevolglik die samelewing, aangedoen was.  Hulle is soekend na standvastigheid en sekuriteit.

Nee, die raaisel is, hoekom is die Afrikaanse universiteite hierby betrek?  Anders gestel, hoekom het die Afrikaanse universiteite hulle deure oopgegooi vir dié wat in Engels onderrig wil hê?  ALMAL was welkom gewees by die Afrikaanse universiteite, hulle moes net weet die onderrigtaal is Afrikaans.

 

Voorwaar ’n raaisel.

Jan Rap

  • 19

Kommentaar

  • Met die oorgawe het dit nooit gegaan oor “kom ons verbeter en voeg by dit wat reeds daar is” nie, maar eerder oor wat uniek joune was is nou ons s’n. Want jy sien tydens die samesmelting van die munisipaliteite in 'n groter eenheid, was die “comrades” se belangstelling nie van hoe dinge werk nie, dit was 'n bysaak, maar wel hoeveel geld daar in die “kitty” was.
    En met borde wat oorloop en ander in sakke geprop het die ‘comrades” bymekaar gekoek om die volgende stap te oorweeg terwyl sommige hooggeplaaste blanke amptenare in die donker met hul aanvoerders raadpleeg oor hul toekoms?
    Geen wonder baie munisipale regerings het in chaos verval nie.

  • Jan

    Jy sê:"Hoekom het die Afrikaanse universiteite hulle deure oopgegooi vir dié wat in Engels onderrig wil hê?" Hopelik sal die nuwe private Afrikaanse universiteit in wording, nie dieselfde foute begaan nie.

    • Natuurlik nie; dit gaan mos 'n Afrikaanse universiteit wees. Ek reken anderstaliges sal welkom wees maar hulle moet net nie vra/eis om in Engels onderrig te word nie. En, natuurlik, sal hulle ook moet betaal.

  • Jan,
    Die cliché: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.
    Voor '94 was dit die huidige ouens in regering wat die chaos veroorsaak het.
    Nou is dit die rooi-"overalls" wat die chaos vir die na '94 ouens bring.

    Wat jy saai sal jy maai.

  • Beste Jan,
    Het jy al daaraan gedink dis omdat die Afrikaner se wil van kleinsaf uit hom met die kweperlat en rottang uitgevoeter is dat hy so maklik ingegee het?

    Lees weer die onderskrif van jou prentjie, en dit sal miskien vir jou duidelik word.
    Groete,
    Angus

    • Onthou die Liberale Afrikaner was in beheer - die konserwatiewes is met slim en soms onderduimse taktiek verdeel en was nooit 'n eenheid nie. Lyk my, vir 'n soutie is jou Afrikaans goed. As jy tyd het laai Volksverraad in pdf-formaat af - gee nogal 'n kykie na die knoeiery agter die skerms.

    • Beste Angus
      Die seuntjie sê "Pappie hierdie gaan my seerder maak as vir pa" juis omdat ouers altyd sê die pak maak hulle seerder as vir die kind. Daar was nog 'n prentjie by waar die onnie juis dit vir die seun sê vir wie hy so pas 'n drag slae gegee het (daar was seker nie plek om daardie prentjie ook te plaas nie).
      Hierdie prentjies kom uit Mr Punch van so 1912/1913 se kant, juis toe die Empire sy hoogste sport bereik het kan jy maar sê en lyfstraf daardie tyd was aan die orde van die dag.
      Daar was 'n groep Boere genoem die 'bittereinders' en ek kan jou waarborg nie een van hulle het 'n goeie pak slae as kind vrygespring nie. Jou storie dat iemand se wil uitgefoeter word is twak; dis net mooi andersom. 'n Kind het nie pak gekry as sy wil met die van die ouers bots nie maar as hy iets onwettigs aangevang het soos klappers aan die hond se stert vasgemaak het of so iets.
      Dieselfde gebeur in die diereryk. By Manyane moes hulle blykbaar 'n klomp ou olifante inbring om die jonges te dissiplineer; hulle was besig om rogues te word.
      Kyk om jou rond - die geslag wat sonder lyfstraf groot geword het raak destruktief as hulle nie hulle sin kry nie.
      Groetnis
      Jan Rap

  • Beste Jan,
    Jy kyk maar heel oppervlakkig na die onderskrif, want dit pas jou 1912-denke. Die eintlike seerkry lê in die fisiese beskadiging van die senustelsel. Die skade wat so ʼn pakslae veroorsaak duur dus lank nadat die fisiese pyn verdwyn het.
    Dis maklik vir jou om dit wat ek sê, sommer as twak af te maak, want papier, soos hulle sê, is geduldig. Het jy al ʼn opname gemaak waaroor kinders pak slae kry? As jy weet van kinders wat klappers aan honde se sterte vasbind, moet jy onmiddellik werk daarvan maak. Hulle het psigiatriese behandeling dringend nodig.
    Hoe weet jy dat die geslag wat so destruktief te werk gaan, nie opgevoeter is toe hulle klein was nie?
    Groete,
    Angus

    • Ai Angus
      Maklikste antwoord tot dusver. Ek was deel van die geslag en het selfs saam met maats donkiejare gelede deelgeneem aan 'n kompetisie van wie die meeste latjies in 'n kwartaal kon kry.
      Elke latjie is sorgvuldig aangeteken van verneuk was daar nie sprake nie. Die rekening is aan die einde van die kwartaal vereffen. Die ou met die meeste latjies was die wenner.
      Dan agter die bome by die rugbyveld is die rekening met 'n vars geplukte lat vereffen.
      Dit het so gewerk. A het 10 (meeste) B het nege. C het sewe en D het ses. B kry dus een latjie by A en staan op tien. B bring C se rekening met drie van die bestes op datum en arme D het behoorlik afgetjop.
      Na beraadslaging en nadat ons agter gekom het party ouens kan die lat beter as ’n onnie swaai het die eksperiment tot 'n pynlike einde gekom. Die stemming was drie teen een.
      Nee as jy eenmaal deurgeloop het belowe ek jou dink jy twee keer voordat jy weer kak aanjaag. En dit behoort jou vraag te beantwoord.
      Jy sien hierdie laities van vandag wat alles verwoes dink hul is die kat se snor. Glo my ses van die bestes gaan die probleem oplos al ly jou senuwees 'n bietjie skade. Ek praat uit ondervinding.

  • Beste FC Boot,
    As dit maar by ses van die bestes bly, soos outjies op skool dit ondervind, dan kan dit nog gaan, veral as dit deur 'n verantwoordelike onderwyser toegedien word. Sommige ouers haal hulle woede uit op hulle kinders, en dan loop die hele lyf sommer deur. Het jy al 'n outjie gesien wat deur sy ouers met 'n haarborsel bygekom is? Sy gesig en kop is vol knoppe geslaan, en hy kan skaars deur sy oë sien.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus

    Jy verwar aanrandig met lyfstraf.Sulke ouers behoort aangekla en in die tronk gegooi te word.

  • Beste FC Boot,
    Geen ouer dien lyfstraf toe nie, slegs, eens op 'n tyd, die hof, en eens op 'n tyd, onderwysers. Ouers gee hulle kinders 'n pak slae.

  • Beste Angus
    Soos FC Boot vir jou sê, jy verwar aanranding met pakgee.
    En nee, die kind wat klappers aan 'n hond se stert bind het nie psigiatriese of sielkundige behandeling nodig nie; hy't 'n drag slae nodig. Dis van 'sielkunde' wat die oorgrote meerderheid van kinders so subject pour is (Afr: vaktap). Dr Spock sê ook so.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste Jan Rap,
    Ek is maar besig om FC Boot se siel so 'n bietjie te versondig. Hy kan soms so ernstig raak en netnou gooi hy my weer met die Bybel.

    Eintlik stem ek saam, die roede moet nie gespaar word nie. Ek dink ek moes gesê het die roede moes nie gespaar gewees het nie. Nou is dit egter te laat.

    Maar, nou 'n ander sakie: dis juis dr Spock se filosofie van kinderopvoeding wat so 'n gemors van Amerika gemaak het, en dit het oorgespoel hier na ons toe. Hy staan nie aan die kant wat jy dink hy staan nie.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus

      Siel uittrek sê jy - wel voor jy iets kan uittrek of dit nou letterlik of figuurlik is moet dit darem bestaan - wat sê jy is 'n 'siel'?

      Bybelgooi is nogal 'n kuns waarin jy eintlik moet uitblink- want jy het mos 23 van hulle - nie waar nie?

      Lekker oefen.

    • Beste Angus
      Nou nog nie jou skakel opgevolg nie maar ek weet dat Dr Spock al hier in die 70's erken het hy was verkeerd wat die sielkundige opvoeding van kinders betref.
      Groetnis
      Jan Rap

  • Beste Jan,
    Ek het ʼn boek op my boekrak geskryf deur dr Spock met die titel Rebuilding American Family Values: A Better World for Our Children. In die eerste hoofstuk ontken hy dit dat sy opvoedingsfilosofie enige permissiwiteit by kinders tot gevolg gehad het. Jy sal vir my die bron van jou inligting moet gee, want van so ʼn erkenning deur dr Spock het ek nog nie gehoor nie.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top