Oor bome en oor die bome reusagtig soos ons was

  • 0

die bome reusagtig soos ons was
Hilda Smits
Protea Boekwinkel
ISBN: 9781485306405

Hilda Smits se digbundel die bome reusagtig soos ons was het onlangs by Protea verskyn. Sy gesels met Naomi Meyer oor die bundel en wys 'n handvol van haar foto's.

Hilda, dit lyk vir my of bome 'n indruk op jou maak.

Jy is reg, Naomi. Ek hou van bome. Ek stuur vir jou ‘n paar foto’s (van bome).

Ek het in LitNet se argief gaan rondkrap.

Jy skryf nog altyd baie oor ekspat-wees. Waar het jy al gebly en watter plek is die blyplek waar jy die meeste tuis is?

Ek wens jy het eerder nie gaan rondkrap nie, Naomi. 😉

Toe ek ‘n kind was, het ons nogal gereeld getrek en in dorpies so groot soos my groottoon gebly. Daarna het ek vir lank in Londen gebly, en tans bly ek in Nashville. Ek voel die meeste tuis op my stoep.

Wat maak jy in die VSA en hoe verskil jou leefwêreld van die soort VSA wat deur Hollywood en ander popkultuur aan Suid-Afrikaners gevoer word?

Ek het pas klaar geswot in Nashville en ek is nie heeltemal seker wat aan Suid-Afrikaners gevoer word nie. Meestal sit ek op die stoep (soos nou) en skryf, of gaan stap met my hond, of probeer my bes om nie deur Amerikaanse tenks of Donald Trump omgery te word wanneer ek gaan draf nie.

Watter boek, teaterstuk, film of televisieprogram het die afgelope tyd indruk op jou gemaak?

Die film Timbuktu deur Abderrahmane Sissako het indruk gemaak, asook Carlos Reygadas se Post Tenebras Lux.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top