’n Fraksie van die US Woordfees in kiekies

  • 0

Die US Woordfees oorrompel jou, smokkel met jou sinne en tart jou uithouvermoë. Agter die skerms is ’n enorme operasie. Op die verhoog is mense wat jou inspireer. Op straat loop jy in groot geeste vas.

Dit is ook ’n ruimte waar mense soos Karin Brynard met hulleself kan spot,

waar Ian Wessels ’n onderhoud doen, al wag sy vliegtuig,

waar varkkope voor museums waak; en

dit is ’n omgewing waar Jono Amid en Martin Steyn soos twee rocksterre lyk tydens hulle praatjie.

Hier neem bekendes, soos Chris van Niekerk en Dowwe Dolla selfies.

HemelBesem doen dit ook.

By die Woordfees dobber plastiekperde op swembaddens,

muise word by die poeding bedien en

afval word in bootjies opgedis.

Verskeie wynborge het seker gemaak alles loop seepglad.

Ouers en kinders

Die US Woordfees is ’n plek wat ouers met kinders kan deel.

Marita van der Vyver en haar dogter, Mia

Desmond Painter en sy dogter

Irma Joubert en haar seun, Jan-Jan

Ilza Roggeband en haar seun, Zac

Irma Joubert en haar seun, Michael

Dibi Breytenbach en haar dogter, Iancke

Marie-Louise Steyn met haar dogters, Maja en Tamika-Leilani

Groot geeste

By die US Woordfees beleef ’n mens groot geeste.

Oud-regter Albie Sachs

Lina Spies wat, stil-stil, 78 geword het tydens die fees

JC Steyn

Japie Gouws

HemelBesem

Marianne Thamm

Lerato Tsabalala

Max du Preez

Helen Zille

Tannie Koelsoem Kamalie

Tannie Flori Schrikker

Iris Bester

Johanna Davids

Kato Hofsta

Deon Meyer, wat raad gee aan Mxolisi James Majola, ’n selfgepubliseerde digter

Wie laat die fees werk?

Tenswell Hector (links), beter bekend as Tessie, is al vyf jaar lank in beheer van verkope by die ATKV-boektent. Hy ken die joernaliste by die naam. Mense soos dié maak ’n fees. Hier is hy saam met Alden Klaasen.

Saartjie Botha is die feesdirekteur.

Porra, of te wel Dirkie van der Merwe, word ingeroep as enige iets skeef loop.

The Private Hotel School het seker gemaak dat die demonstrasies by die Khaya glad verloop. Hier poseer die studente met Marietjie Koekemoer, Riana Scheepers en Leonie Scholtz ná ’n suksesvolle demonstrasie van Smeul se kos.

Dié jong man het moeite gedoen om die feeskaarte interessant aan te bied. Die fees is kontantloos en ’n mens het dus sulke kaarte nodig.

Ink is die feeskoerant. Dié twee verkopers was altyd reg met ’n glimlag.

Elize Fortuin en Mercia Eksteen moedig mense aan om deel te word van die ATKV.

Elmari Rautenbach het die boekpraatjies bestuur.

Joernaliste

Die mediakontingent by die Woordfees is groot. Hier is ’n paar van hulle.

Karen Meiring

Gerrit Rautenbach

Herman Lategan

Jean Oosthuizen

Foeta Krige

Suzanne Paxton

Izak du Plessis

John DeVries

Heindrich Wyngaard

WOW

Die US Woordfees se WOW-projek het dit weer vir duisende kinders en onderwysers moontlik gemaak om ’n deel van die fees te ervaar.

Koetse

Sprokies het koetse nodig.

BMW het ’n reeks blink wiele verskaf om skrywers na die De Kat-ete te vervoer.

Boeke is vanaf die ATKV-Boektent na buiteposte vervoer in ’n Rolls Royce, en dit is geen fiksie nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top