'n Babalela vir Kersfees

  • 4

Babalela

Die meeste Suid-Afrikaanse kinders het nog nooit ’n eie boek besit nie. Dit kan nou verander.

Die Vriende van Afrikaans wil graag aan soveel kinders moontlik ’n kopie van Babalela gee vir Kersfees. Daarmee saam sal ’n sagte, Babala-speelding en ’n nuttige rugsak aan elke ontvanger geskenk word.

Jy kan dit help moontlik maak vir slegs R120. Ja, al drie hierdie items saam kos net R120, danksy korporatiewe borgskappe.

Jy kan dus die statistiek help verander en ’n kind se ogies laat blink hierdie Kersfees. As jy nie R120 kan bekostig nie, sal enige bedrag verwelkom word.

Dis baie maklik om deel te neem: betaal jou geskenkbedrag in by ABSA BANK 0170166728 met BABALELA as verwysing. Vir buitelandse inbetalings, gebruik die volgende swift code ABSA ZA JJ.

'n Afskrif van die inbetalingsbewys sal ons baie help! Stuur dit asb na chareldinev@vva.atkv.org.za.

Hoekom Babalela?

Nie net is Babalela een van die suksesvolste kinderboeke ooit nie, dit is ook bewys dat die skenking van hierdie boek ’n verskil maak in kinders se lewens.

In Babalela, die eerste boek in die reeks, word die Babalela deur ’n groot man gevang en in ’n boks gedruk. Uiteindelik is die woede wat binne hierdie diertjie opbou so groot dat dit bulder: “Ek is ’n Babalela, los my uit!”

Hierdie kreet, teen ’n oormag, bewerk soveel konsternasie dat die diertjie kan uitglip en terugvlieg na “diep, diep in die donker bos” waar dit hoort. Dít het kinders van Kewtown, ’n bitter arm buurt in Kaapstad, só aangegryp dat die Babalela se kreet ’n mantra geword het in hulle skool. Weer en weer wou hulle die boek hoor, maar baie gou het hierdie mantra ook deel van hulle selfbeeldontwikkeling geword. Hier is ’n video waarin die kinders self vertel wat die Babalela vir hulle beteken.

Vir diegene wat ’n meer wil weet, hier is ’n artikel wat geskryf is oor hoe die skenking van kinderboeke ’n daadwerklike verskil kan maak. Plak hierdie skakel in jou websnuffelaar. 

’n Babalela vir Kersfees is ’n veldtog deur die vriende van Afrikaans om vir soveel kinders as moontlik ’n prenteboek te gee vir Kersfees.

Afhangende van hoeveel julle kans sien om te skenk, wil ons graag 'n Babalela-pakkie skenk aan kinders regoor Suid-Afrika.

Babalela, deur Martie Preller, is deur LAPA Uitgewers uitgegee en is by vooraanstaande boekwinkels te koop. Vir hierdie veldtog word die drie items bekostigbaar gemaak danksy korporatiewe borgskappe deur LAPA en die ATKV.

Die Vriende van Afrikaans en LAPA Uitgewers is albei divisies van die ATKV.


Kollig op kinderboeke:

Die laaste geveg deur CS Lewis

Nina Swart
Jeugresensies

Die silwer stoel deur CS Lewis

Marike van der Watt
Resensies

Stories deur Julia Donaldson leer kinders om te lag

Amanda Botha
Resensies

Spooksoene deur Troula Goosen

Zoe Salzwedel
Jeugresensies

Lotta se lewe – my skilpad kruip uit sy dop deur Alice Pantermüller

Suzanne Swart
Jeugresensies

KlasKamer

Skolenuus op LitNet


 

  • 4

Kommentaar

  • ronelle beukes

    Ek sal graag deelneem en sommer vir my eie kleinkinders ook elkeen een koop. Dankie dat ek deel kan wees van so 'n goeie projek en lees kan bevorder.

    • Ek sal ook graag vir my eie klein kinders so stelletjie wou aankoop. Ek het self ook nog nooit van Babalela gehoor nie. Hulle sal dit ook geniet. Watter ouderdomme is die teiken?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top