My liefste

  • 0

kuberklas_liefdeHaar beeldskoonheid ken geen perke
haar liefde ken geen einde
haar oë, mooier as die sterre
haar stem sagter as vere

Hoe kan ek my liefde vir haar hanteer
hoe sal ek haar beeldskoonheid ooit kan vereer
wat kan ek doen om haar myne te maak
sy is dan ‘n spieëlbeeld van my drome

Haar hande sagter as katoen
haar lyfie fyner as porselein
haar woorde meer passievol as liefde
haar lippe betowerend

like_litnet_op_facebookHoe sal ek my liefde beheer
hoe sal ek my hart vertoon
sodat sy kan sien dat my liefde vir haar
meer is as die atome in die see

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top