My donker jare, eensaam en alleen

  • 9

Die inhoud in die volgende brief gaan dalk baie deurmekaar klink of dit kan dalk nie heeltemal sin maak nie ...

Ek is in die somer van ’69 gebore. Soos enige seun wil sy ouers net die beste hê vir hul kinders en ons het gelukkig grootgeword met susters en broers. Ek het ’n oudste suster, dan my broer (wat my baie leed veroorsaak het) – dan ek – my jongste broer – en my jongste suster.

My broer het nog altyd vir my gesê ek is ’n vrou. Hy het my na sy kamer geroep en dan gebeur vreeslike dinge.

Ek het begin om vroueklere te dra, so skelm-skelm het ek van my suster se ou-klere gekry, of my ma se klere. Ek het net daai drang/begeerte gehad om iets vrouliks te dra, eintlik meer iets soos beskerming, dit het my beskerm of laat ek so sê: die vrou daarbinne het my beskerm, my veilig laat voel.

Ek het dit basies gesteel uit hul kamer of soms uit die wasgoedmandjie dan het ek altyd na leë huise gegaan en dit aangetrek en dit het my oneindige bevrediging gegee net om daai gevoel te hê om die klere te dra.

My pa het my en my broer een aand gevang en na ’n helse pak slae was dinge oor, ek was verbied om na sy kamer te gaan en oor is dinge (maar met tyd het ek besef dit was die begin van my stille-stryd waarin ek alleen moes gesuffer het, waarin ek altyd ’n front cover gehad en niemand kon werklik sien daar deur nie).

Dit is waar my dinge toe basies begin ontkiem het.

Ek het steeds die vroueklere gedra en nog na leë huise gegaan maar toe begin ek al hoe meer eensamer word ek begin om stemme te hoor, mense praat met my aanhoudend dit voel of ek agtervolg word, ek het iemand nodig gehad wat my moes beskerm, daar was nog niks seksueel aan dit nie, dit het my net daai bevredigende gevoel gegee asof ek tevrede en gelukkig en veilig was om die klere te dra, ek het amper ’n gevoel gehad van ek is “untouchable” (on top of the world).

Toe word Michelle gebore, of sy kom tevore. Sy het my beskerm, sy het my altyd vasgehou, sy het my getroos. Ek was “untouchable” niemand kon my meer seer maak, my aanraak of enige ding aandoen as sy nie daar as nie. Soos die tyd aanstap kom ek in hoërskool en Michelle bly toe steeds deel van my. Toe in standerd 6 begin ek oefen om fiks te word vir staptoere saam met die Voortrekkers, daar by die stadion gebeur nog vreeslike dinge met 'n onbekende man.

Niemand het geweet of was bewus van dit nie. Die vreeslike dinge het aangehou - sewe jaar daarvan, ingesluit my weermagdae. Michelle nog meer & meer deel geword van my lewe en ek kon nie meer die regte damesklere kry by die huis nie, toe begin ek dit steel want ek het ’n bevrediging om te bevredig, want Michelle wil soos ’n vrou lyk en voel.

Ek wil huil, ek was histeries ek het mal te kere gegaan binne my ek het woede en aggressie gehad, ek het baklei met my binneste dat hoekom dit weer moes aangaan ek het so my hoop opgesit net om weg te kom en ek dink toe nog ’n jaar in die kloue van die monster?

Ek weet nie wat het my weerhou om te praat nie, maar ek kon net nooit iets sê nie. Oral het ek misluk, ek kon nie ’n meisie kry nie, hul het eenvoudig net nie belangestel nie, dis asof iets hul verwilder van my. Oftemeer ek dink hul weet wat ek doen daarom distansieer hul hulself van my. Nie eers met seuns kon ek inpas nie, ek het self begin te rook op skool om net deel te wees van iets. Maar dit het ook nie gehelp nie.

En as ek alleen is met Michelle dan voel ek rustig, kalm, ontspanne, dan is Michelle in beheer, sy gesels met my, sy vat my na ons eie wêreld waar sy ’n prinsess is, ek sweef deur die lug vry soos ’n arend.

Ek bid my laaste jaar op skool om, toe is ek weermag toe, dit was in ’n mate okei maar ook nie, ek kon nie Michelle uitleef nie & hoe die monster geweet het ek kry pas sal seker net die duiwel weet, want dan is dit erger, dis asof hy beheer het oor my ...

(Word vervolg)

Leon

Brief versag, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • 9

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Leon is een van daardie mense wat met baie deernis benader en behandel moet word... want hy roep om hulp. Nou is die tyd om lankmoedig en sagmoedig te wees. En, ek is oortuig dat dit baie moed kos vir hom om sy hart en sy skisofrenie hier bloot te lê.  Dit is 'n positiewe stap in die regte rigting. Leon.

    Ek is seker hy het hier beland soos enige ander een van ons. Dalk ook vir 'n doel?

    Daar is baie om in deernis met hom te deel, maar sy verhaal is nog nie klaar nie. Skryf gerus jou opvolg, Leon.

    Terloops, waarom versag jy die brief, Naomi? Vir wie wil jy beskerm? Bly daar nie belangrike inligting in die slag nie? Leon doen die moeite om sy hart en sy siel bloot te lê en al die detail is belangrik om die korrekte perspektief te vorm - veral oor hoe hy self dinge sien, soos hy dit self verwoord.

  • Wie op hierdie forum simpatie soek, sal gou ontnugter word.  Hierdie forum is vir die taai gee en taai neem.  Hier word gelooi.  Ek is bevrees ek het beide geen simpatie of empatie met die inhou van hierdie skrywe nie.  Indien ge-argumenteer word vir die aanvaarding al dan nie van "cross dressing" goed en wel.  Dan kan ons gesels. "I'm afraid sob stories brings the worst out of me."

    Jaco Fourie

  • Leon, my hart gaan uit na jou. Dit wat jy beleef het en nog beleef, wens ek niemand toe nie. Ek bid dat jy by iemand sal kan kom, wat jou deur hierdie donker tyd kan begelei.

    @Rae-na-Gael, net soos jy!!!!
  • Wie is hier op Sênet Kobus, wat vir so 'n deurmekaar siel enigsins tot hulp kan wees.

    Hy hoort mos by kundiges in daardie veld uit te kom. Hier maak hy van homself 'n bespotting, 'n gek, lê sy  "reddelose siel"  bloot vir wat ? Nee wat , ek glo nie Leon se storie nie. Dis iemand wat jou en ander hier  vir 'n "ride" vat. Wie kan so deurmekaar wees en daarmee te koop loop?

    Raed-na-Gael

  • CorneliusHenn

    Hahaha ...   Raed-na-Gael, Kobus de Klerk is mos dié parakundige op die werf!   Ja, en waar hy opraak neem sy Alie met "haar" paraberading oor ...   Hoe kon jou "spirituele intelligensie" jou so faal?   Jy weet mos die ou grote Kobus sal dit kan Google - hoe kan jy so deurmekaar wil wees?  Vir 'n "ride" gevat of nie, solank Kobus aan die einde van die dag daaruit geëer kan word, wie in sy hele bende gee dan werklik om?

  • Kobus de Klerk

    Jou woorde is baie hard, Raed-na-Gael.

    Ek dink dit is moontlik dat jy  mense soos Leon dalk nie heeltemal verstaan, nie. Miskien omdat jy, in die kringe waarin jy normaalweg beweeg, dalk nie veel blootstelling aan hulle het, nie?

    Ek was vir 'n paar jaar intensief betrokke by die berading wat plaasgevind het vir pasiënte in 'n sorgoord vir skisofrene en manies depressiewes (wat heeltemal hande uitgeruk het) en ek kan vir jou sê dat die arme mense niemand vir 'n 'ride' probeer vat nie, maar self, spiritueel vir 'n 'ride' gevat, word. Hulle staan vir die beste deel, hulpeloos wanneer die toestand hul beetpak, en slegs rasionele, lankmoedige en deernisvolle kontak met hulle, maak uiteindelik die verskil - meer as net die simptome wat tot 'n mate deur medikasie onderdruk word.

    Die fopdossery is maar een probleem wat Leon het. Ons weet van 'n advokaat wat vroue onderklere onder sy pak gedra het, omdat dit hom seksueel gaande maak. By hom was 'n 'onbeheerbare' probleem met erotiese perversie. Leon is seksueel misbruik en hy sê dat sy fopdossery hom nie eroties, nie, maar geborge en veilig laat voel - en dit het ontwikkel, tipies voorafgegaan met die hoor van die stemme. in 'n vroulike skisofreniese 'persoonlikheid' met voorkoms en naam en al, wat hom, soos 'n deernisvolle moeder en 'n deernisvolle suster, koester (of so beleef hy dit). Vir hom is dit voldonge realiteit.

    By sommige van hulle is dit so erg, dat die ander 'residensiële persoonlikhede' hul dikwels nie eens toelaat om 'n gesprek enduit te voer, nie. So het ons 'n geval gehad van die seun van 'n bekende akademikus, wat, voor die skisofrenie skielik toegeslaan het, 'n goeie fietsryer was, maar hy was altyd bang om te gaan ry, want een van sy drie 'persoonlikhede' was haatlik en hy was werklik bang die haatlike een sou hom nie toelaat om weer na sy blyplek terug te keer, nie.  Leon se 'Michelle' persoonlikheid blyk nie aggressief te wees nie, maar op 'n vreemde manier, 'ondersteunend'. Die 'persoonlikhede' bestaan nie in realiteit nie, maar vir die skisofreen, is daardie 'persoonlikheid' so werklik soos die gesprek hier tussen my en jou.

    Maar daar is 'n kuur voor - soos ek reeds verduidelik het. Met gebed. lankmoedigheid  en bemoediging en rasionele gesprek, word wonderlike vordering gemaak.

    Kan jy miskien met meer deernis en begrip daarmee handel?  Ek weet vir 'n feit dat die mense nie maklik in die openbaar daaroor praat nie, juis vanweë onbegrip en verwerping en belediging (kyk ook die Godloënaar Jaco se gruwelike vergrype hierbo) en wanneer dit gebeur, is dit 'n hulpkreet. Baie van hulle sukkel vir baie jare daarmee voor mense besef wat gebeur, want hulle probeer hulle 'persoonlikhede' geheim hou, nes Leon ook sê, en intussen gaan hulle hel deur.

    Ek wil jou graag uitnooi om die fliek, A BEAUTIFUL MIND, waarin Russel Crowe 'n uitmuntende hoofrol vertolk, te kyk. Hierdie fliek is 'n ware verhaal, waarin Crowe die rol vertolk van die Nobel-wenner (1994) Professor John Nash wat aan paranoïese skisofrenie ly. Nash is 'n ateïs, maar gelowiges oorkom die skisofrenie met volgehoue bystand en deernis van iemand op wie hulle vertrou, heeltemal. Hierdie fliek sal jou baie insig gee in die lewe van die paranoïese skisofreen. Leon se getuienis is absoluut sprekend daarvan hoewel die aard van die persoonlikhede en die rol wat hulle moet vervul, verskil.

    Jaco se optrede getuig weereens van sy dooie, kil, liefdelose, Goddelose ateïstiese siel en dit is beslis die een ding wat so skadelik, is - hy verstaan niks - Leon probeer juis ontsnap, maar hy word nie eens deur 'n kil ateïstiese siel 'n geleentheid gegun om sy verhaal klaar te vertel, nie.

    Gelukkig gaan dit nie oor daar waar nooit antwoorde vir enige probleme is, by die ateïsme nie, maar gaan dit oor die Verlosser, die HERE,  Wie vir ieder en elk verlossing kan en wil bied - hoe erg die situasie ookal mog wees, ongeag.

    Asseblief, mense - dit gaan nie help om nou weer teen my te velde te trek, nie. Dit gaan nie hier oor my of oor julle, nie. Dit gaan oor 'n mens wat om hulp roep - 'n mens met 'n probleem wat ander verwilderd en soms sprakeloos laat van die gruwelike realiteit daarvan.

    En daar kan enige plek om hulp geroep word, ook hier. Dalk veral hier, omdat dit een van die min plekke nog is waar mense so openlik kan wees.

    As Leon nie opreg is nie, en  lieg, sal dit wel uitkom. Sovêr is daar absoluut geen rede om so 'n negatiewe houding teenoor hom in te neem, nie, maar die teendeel blyk alreeds - dat hy hulp soek en moet kry. Gee vir Leon sy kans. Hy het nog nie eens sy verhaal klaar vertel nie, en hy is deur sommige alreeds afgeskrywe. Is dit billik? - Julle sal vir julself nie minder vra, in dieselfde omstandighede, nie. Gun hom dit ook, asseblief.

    Kobus de Klerk

  • Ek het deernis met hierdie man, ek is self deur slegte tye in my jong dae voor ek aanvaar het ek is gay, het selfs aversieterapie op my self toegepas.  Maar ek vrees dit kan dalk 'n Kobus de Klerk truuk wees, om 'n man te bring wat "bekeer" en '"genees" is. Ons sal eers weet na sy opvolgbrief.

    Varkspek

  • Kobus de Klerk

    Varkspek,

    Dit is mense soos jy en Jaco en Cornelius, met julle kilheid,  snedigheid, vooroordeel en antagonisme, al doen jy lippediens aan "deernis", wat uiteraard geen oplossing aan die hand doen nie, maar ander wie dit wel doen, eerder probeer uitkryt en verdag maak, wat dinge vir mense soos Leon baie, baie moeiliker maak as wat dit reeds is.

    Het julle dan regtig niks vir jul medemens oor nie? Julle is so vol 'liefde' in julle gekarring hier op die forum, maar wanneer daardie 'liefde' getoets word, is dit julle antwoord. Spul ongelowige harteloses.

    Kyk maar, almal van julle het issues met die HERE. Jaco, wens Hom weg, en jy Varkspek, hou nie van die ware Een nie, maar soek na iets anders wat jou gemaksone sal streel, en Cornelius het hier ter aanskoue van algar alreeds vir hom sommer klaar 'n ander afgod saamgeflans met die Heilige Naam van die HERE op die koop, toe. G'n wonder, wanneer julle 'liefde' getoets word, dan gaan dit net oor julself en dan braak julle spirituele anargie uit, nie.

    Onthou, julle is self reddeloos en kan geen hulp aan 'n ander reddelose bied nie - behalwe om vir hom te vertel hoe om reddeloos te wees, nie, soos julle reaksie duidelik toon - ,hom dus net verder saam in die put waarin julle reeds is, intrek.

    Julle het niks deernis of raad met 'n sukkelende medemens, nie.

    Skandelik.

    Kyk eerder of jy Leon van raad kan bedien, eerder is om sy situasie te probeer vereenvoudig tot waar jy dit kan verstaan en met jouself kan vergelyk, want dan slaan jy die bal, mis. Hierdie is nie net ‘n kwessie van fopdossery en homoseksuele aktiwiteite (wat vir hom soos ’n monster is) daarby nie, maar daar is ernstige psigose daarby… As jy nie kan nie, moet dan, ter wille van hom, nie verder afbrekend wees, nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top