mooiste van als

Millennium Drie Mens, Paradysdag, ’s waarop Mens wag,
post-swaarkry, onkund’-ontkenning, veilig, Tuis, t’syn,
al drink “Duiwelspiek”-agentskap Mens-bloed nes wyn,
idee van Gewete-herwinning so gewetenloos t’v’rkrag

b’haal Kapitaal “oorwinning”, op “oorwinning”, oorlog groei,
b’swaarlik Mens wat versus struktuurgeweldsindroom stoei,
nog minner wat skreiend in vagevuurvlamme sal wil skroei,
essensie van Moeder Aarde, Skepping, eish, aan’t doodbloei

Skepsel, Homo et Cetera, submissief, styf in strik vasg’draai,
niemand ‘try’ eens, taal vannie “Anner”, waarlik t’verstaan,
dus g’n deel aan medemenslikheid, welwillendheid, wil hê

nageslag, seun, dogter, deur vader, moeder, verraai,
alle hoop op liefde, vir Naaste, wetenskaplik v’rgaan,
Mens in bestaanskrisis, sonner iets konstruktiefs t’sê

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.