Misterie

  • 0

Daar bly net 'n groot misterie rondom mis in die Moot-gebied vir my. Kyk, die wat Pretoria ken, weet dit nou. Duskant die Magaliesberg en die Waterberg sal dit skoon wees. Geen teken van mis nie. Dan kom jy in die vallei wat die Moot uitmaak en daar is 'n dik bank mis. So vir iemand wat uit die noorde reis, is dit amper soos drie wêrelde in een.

Wat die mis vanoggend ook gedoen het is om die neonligte 'n nuwe soort glans te gee. Seker omdat die busstaking verby is en die Areyeng-busse nou loop. En die busse is soos 'n koeksister vol klapper – belig van voor tot agter. Een voordeel van hulle – hulle gebruik natuurlike gas as energiebron.

O ja as jy lus het om 'n stoutseun-slenter aan te vang kan jy dit daar doen – dit sal moeilik wees om die kwaaddoener vas te trap in daardie bank mis. Het dalk 'n klip of twee op die straat se groot geraasmaker se dak hoor val ... Of dalk verbeel ek my.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top