miljuisende se moedertaal

sou voorheen onn’rdrukte voortgaan, m’t verwys na “isiBhulu”,
sonn’r lat goewerment ’t sien, b’sef: taalgelykheid’s nie herstel,
groei anti-Afrikaans-g’voel, afkeer, haat, tot probleem ‘nkhulu’,
latte taal so g’assosieer worre, mette kleur vanne mens se vel

voel meeste seker, hul posisie, relasie, kom innie g’drang,
diegene, wie versus so ’n taalbesmetting sou protesteer,
nie net status quo, ong’lyk’ status van Afrikaans, ignoreer,
aaire bydrae lewer, tot so ’n taal-apartheid se swanesang

wil Afrikaanse ook weet, hoe werk die NDR,
hoekom moet ’n taal vir voorouerfoute ly,
hoe lank gat taalstryder taalvryheid v’rmy,
hoekom lê uhuru, vryheid, dan nog so ver?

droom Sy Sélf, vanne finale afsluitingsdatum,
nesse Moeder kan, ’n mieks-masala Medium

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top