Me Eva Havgard

Jan van Riebeeck’t haar eerst’, doer, innie skaar g’waar,
vir weke’t Sy Edel’, onophoud’lik, na haar g’laat g’staar,
Krotoa self g’sien, hoe bou inkommer Fort se ruite,
al’s sy b’handel, laat voel, nes “iemand-van-buite”

toe sjirurgijn, uit Havgard, vol goede hoop opdaag,
b’sef Krotoa, selwers, missie, visie, taak, sy slaag,
droom al van haar hand, rondom sy volmanlikheid,
dwarrel drange deur haar, asof hul haar klaar b’sit

Viking-dokter, amputeerder, vol warm b’reidheid,
sy VOC-salaris op haar onnerkleerkas uit t’skud,
al moes sy later probeer, doodsnuus weg t’naai,
lewe m’t invallers, inkommers, nie elk dag fraai

vrou h’t darem kroos g’baar, Khoi-saad wyd g’skiet,
familie verraai, in ruil: verban na Eiland, vol v’driet

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top