Mag- en geweld-ondertone in drie gelowe

  • 4

Ek het besef tydens my maand se verblyf in Israel dat Judaïsme, net soos Islam en Christendom, 'n propaganda-agenda het. 

As Sakkie Spangenberg teokrasie en propaganda-agenda kan verduidelik. Weliswaar is goy en infidel of sondaar tog net diskriminasieterme. As die Universele Skepper alle mense na sy beeld geskape het, waarom diskriminasie deur mense en weermagte om sg Almagtige God te beskerm? 

Nee wat, dalk het ander gelowe bv Taoïsme en Boeddhisme tog plek, net soos inheemse gelowe. 

  • 4

Kommentaar

  • Hans, in 'n maand het jy toe meer geleer as al die jare op nogal PU vir CHO. Wys jou net! 'n Afrikaanse universiteit is ook nie alles nie.

    • Hans Richardt

      FC BOOT bliksem weereens uit die bus uit. Neem Jesus se sweepvoorval by mark. Hy het met sweep die handelaars buite tempel geslaan, hul tafels omgegooi en hul negosieware beskadig. Nie juis die "sag soos lam-beeld" wat voorgehou word nie. Jesus was verbied by tempel in Romeinsbeheerde Judea al voor sy arbitrêre optrede, as buitelander van Siriese Galilea.
      Volgende moderne misdade - openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging, openbare geweld, aanranding met die opset om ernstig te beseer en Crimen Laesae Maestatis, geweld teen Romeinse staatsgesag. Dan wonder gelowiges waarom hy ter dood veroordeel was? Selfs tot 1994 was doodstraf vir geweld teen staat opgelê in SA. Geweld en mag was beslis ondertone in bybel.

  • Beste Hans
    Dalk moet jy moet jy meer as een vertaling lees. In die Boodskap sal jy bv lees in Gen 1 vers 26 – Toe het God gesê:" Ek wil 'n mens maak, 'n mens wat iets van My in hom het en selfs 'n bietjie soos Ek lyk.
    27.God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het 'n man en 'n vrou gemaak.
    Dit kom glad nie in Gen 2 voor waarin daar nog 'n skeppingsverhaal is nie. Daar lees 'n mens dat God die aarde se nat bolaag gevat het en 'n mens daarvan gemaak het. In vers 6 lees 'n mens Hy het ook sy asem in die mens se neusgate geblaas en die mens het begin leef. Dit is hoe die mens ontstaan en begin asemhaal het.

    • Hans Richardt

      In my King James en King James vertaling, word van Jesus Justus gepraat as afgevaardigde van Paulus se kerk in Kolossense 4 vers 11. Het jy dit al gelees, synde jy so graag bybelversies buite verband aanhaal?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top