Lys van politieke ideologieë

  • 4

Wat is die regerende party se politieke ideologie vs opposisie-partytjies se uiteenlopende (of nie) ideologieë?

Tans is die grootste dilemma in SA dat die regerende party nie een spesifieke politieke ideologie probeer aanhang nie en die opposisie-partytjies geen eie opponerende ideologieë het nie. Daarom dat hul persoonspolitiek bedryf, as hul nie besig is om oor die toepassing van ANC politieke beleid met die ANC in die howe te veg nie.

Demokrasie was nog nooit 'n politieke ideologie nie. Daar moet 'n -isme wees van 'n soort, wat deur 'n bepaalde politieke party aangehang word. 

Die Engelse spreekwoord maak SA politiek 'n rigtinglose gemors, "Jack of all trades and master of none!" 

https://en.m.wikipedia.org/wiki/List_of_political_ideologies

  • 4

Kommentaar

  • Beste Hans,
    Daar is niks gevaarliker as 'n ideologie nie: dit lei tot stagnasie, onversetlikheid wat denke en optrede betref. Dink maar aan die kommunistiese ideologie.

    Van alles wat eindig op -isme moet ons ver weg bly: dis uiters gevaarlik. Dink maar weer eens aan Kommunisme, en ook Nazisme, Fascisme, materialisme, totalitarisme, totemisme, anglisisme, germanisme, ens.

    Watter -isme stel jy voor moet 'n politieke party, volgens jou, aanhang?

    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    As "verkiesings" maatstaf van "demokrasie" is vs militêre diktators, is Zimbabwe dan mos ook "demokraties"! Verkiesings met spesifieke party-ideologie gebeur ook nie in SA nie. Elke verkiesing is persoonspolitiek of teen 'n bepaalde toepassing van regerende party se ideologie of nie, beleid. Wat is werklik demokraties aan hierdie verkiesings van kleptokrate?
    SA kiesers is swak ingelig en opgevoed tov politieke ideologieë wat bestaan! Neem bv DA, wat spog dat hul in Wes-Kaap die ANC se politieke ideologie beter bestuur en toepas, as die ANC.
    Ek is eerlik, na die 1992-referendum, is ek ook 'n wegbly-stem, want ek het reeds in 1992 klaar gestem vir demokrasie en Grondwet. Wat is nut om vir geen spesifieke politieke ideologie te bly stem in SA? Tans is die politieke ideologie nog steeds, net soos in NP-era, nasionale sosialisme vir regering en hordes opposisie-partytjies van hoopvolle kleptokrate!

  • Hans Richardt

    Angus, is ons huidige demokratiese kleptokrasie dan die Reënboognasie ideaal van politieke korrektheid?

  • Hans Richardt

    Angus, ek stel niks voor nie. Tans word LIBERALISME as politieke ideologie aangehang deur regerende en opposisiepartye.
    Teenoor liberalisme word konserwatisme en sosialisme gestel ...
    Ek dink dat die ideologieë eintlik mengsel van liberale sosialisme is.
    Angus, my keuse sou nasionalistiese sosialisme wees in SA. Dis tog die twee ideologiese sisteme wat ek tot dusver beleef het ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top