#litnetwoord2015: Die Taalkommissie se kortlys

  • 1

'n Woord kan 'n tydsgees vasvang. In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se Suid-Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol". Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". Wat is 2015 se Afrikaanse woorde – woorde wat ontstel, prikkel, of die heersende gesprek saamvat?

Hieronder is die Taalkommissie se bydrae tot LitNet se kompetisie: LitNet se Afrikaanse woord van 2015.


Lees ook:
Die Jan H Marais-prys bevorder Afrikaans as wetenskaptaal
SA Akademie oor die US-taalbeleid

Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie:

Die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het drie tipes woorde vir die LitNet se woord van die jaar-kompetisie oorweeg:

** Woorde wat gedurende 2015 voorlopig opgeneem is in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS);

** Woorde uit die inskrywings wat ontvang is wat verdienstelike kandidate vir opname in die AWS sou wees; en

** Woorde wat deur TK-lede genomineer is en wat moontlik in die toekoms ook in die AWS opgeneem sou kon word.

Die belangrikste kriterium wat aangelê is, is of 'n woord opgeneem kan word in die AWS. Ons lys word dusdanig ook aangebied soos wat inskrywings in die AWS moontlik sou lyk. Let egter daarop dat dit nie impliseer dat woorde wat in ons lys verskyn wél in 'n volgende uitgawe van die AWS sal verskyn nie.

Die TK se kortlys van woorde van 2015 is:

10. titte of tietie, -s, of tit, -te (oudste suster)
9. kleptokrasie, -ë
8. hutsmerkaktivis, -te
7. onsie (meervoudige selfie), -s
6. banting (soort dieet)
5. molla of mansbolla, -s
4. nurk (seekoeie wat -), ge-
3. venue, -s
2. warsender, -s
1. hommeltuig, ..tuie

Aangesien "hommeltuig" ons eerste posisie beklee, en aangesien ons weet dat Marike van der Watt eerste met dié woord vorendag gekom het, kies die Taalkommissie haar as die Taalkommissie se wenner.   

>>>Terug na LitNet se Afrikaanse woord van 2015

  • 1

Kommentaar

  • Ek sou Titte gekies het. Noem my suster al van kleins af so omdat ek nie Sussie kon uitspreek nie! En dis al meer as 50 jaar gelede. Kan my nie indink om haar Ronelle te noem nie!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top