LitNet wag op jou lesersindruk!

  • 0

Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur. 

Die doel van hierdie onderafdeling op LitNet is om boekgesprekke onder lesers aan te moedig en medelesers se aandag op boeke te vestig. Kritiek is welkom, maar persoonlike aanvalle teen skrywers sal nie geduld word nie.

  • Jou indrukke mag van ’n publikasie in enige taal wees, maar moet geskryf wees in Afrikaans, Engels of Nederlands.
  • Woordtelling: minimum 300, maksimum 1 500.
  • Die lesersindruk hoef nie aan enige formele stylriglyne te voldoen nie, maar gaan asseblief taalgebruik noukeurig na voordat jy die bydrae instuur.
  • ’n Lesersindruk kan ’n informele of ’n meer formele aanslag hê; die invalshoek is die leser se eie keuse.
  • ’n Lesersindruk moet asseblief nie alle kinkels en intriges van die verhaal verklap nie. ’n Kort opsomming van die storie is wel gepas.
  • Geen anonieme inskrywings sal aanvaar word nie. 
  • Geen vergoeding is ter sprake indien jou lesersindruk verskyn nie, maar LitNet bied graag ’n platform waar lesers hul sê kan sê.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitende op die sosiale media.
  • LitNet behou die reg voor om nie alle indrukke wat ontvang word, te plaas nie.
  • Indien jy nog nie oor ’n profiel op LitNet beskik nie, stuur asseblief ’n kort biografie en foto van jou sodat een vir jou geskep kan word.

Stuur jou lesersindruk, kort biografie en foto na lesersindruk@litnet.co.zaSlegs indrukke wat per e-pos ontvang word, sal oorweeg word.

Ons wag op jou opinie!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top