LitNet-Spens: Wonderkop

  • 0

Naam van skrywer: Henk Seymore

Naam van teks: Wonderkop

Subgenre: Vir verhoog-optrede  of radio-mikrofoon

Aantal spelers: So groot ‘n mannekoor as moontlik: instluitende 3 vertelstemme vir radio en uitstluitende die 3 vertelstemme vir verhoogoptrede vertelstem 1. dik donker stem; Vertelstem 2. ligte dun stem; vertelstem 3

Kort opsomming indien beskikbaar: Wonderkop is die naam van die klipheuwel naby die myn, Lonmin, op Marikana, Noord-Wes Provinsie. Wonderkop is ook die titel van hierdie versdrama oor die tragiese gebeure daar tydens die werkers se staking in Augustus 2012.

Vorige opvoerings: n.v.t. Die stuk is vars uit die skrywer se rekenaar.

Pryse toegeken: n.v.t. Die stuk is vars uit die skrywer se rekenaar.

Naam van kopiereghouer: Henk Seymore

Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte: hseymore@telkomsa.net

Rolverdeling – mannekoor – hoe groter hoe beter
Vertellers:
Stem Een  –  diep stem
Stem Twee – skril stem
Stem Drie –  growwe stem – liefs hees

Groot mannekoor wat saamwerk as twee koorstemme:
Koorstem een – tik Koorstem twee antwoord – tok:

En so voorts - gemaklike looppas: Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok

Vinniger gaan oor in draf pas: Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok

Versnel die pas tot tempo tot naelloop: Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok

Weer eens versnel tot tempo tot snel-snel: Tik Tok Tik Tok Tik Tok

Weer eens versnel tot tempo van hel-snel: Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok

Skielik - doodse stilte.

Stem een - (enkel roepstem - man agter op verhoog /ver van mikrofoon ):
Siepsop spruit uit sonder kop!

VOLLE KOOR UIT VOLLE BORS :
Sonder kop donder een en almal oppi koppie en word klipkop – by Wonderkop!

VOLLE KOOR (fluister):
Daar staak duisende uit nood om meer geld vir brood

Stem twee - (enkel vertelstem van man voor op verhoog / naby aan mikrofoon):
’n Loon-jakkals sluip skarrelbeen en druipstert herwaarts ... derwaarts Vir die ontevrede duisende word niks verkry – is meer geld vir hul brood nou so gou neusie verby?

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
Tussendeur snuffel ’n vakbond-hond stil en slu oral op die myngrond rond

Stem twee - (enkel vertelstem van man voor op verhoog /naby aan mikrofoon):
Beteken geen geld – geweld?

Koor wat saamwerk as twee koorstemme:
Koor wat saamwerk as twee koorstemme:
Stem een – tik
Stem twee – tok
Gemaklike loop pas - fluister : Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok

Stem Een - (man agter op verhoog beweeg oor verhoog vorentoe in rigting van

Stem Twee - begin terselfdertyd as Grootkoor en roep luidkeels sodat hy hoorbaar is bo-oor Grootkoor se twee stemmige gefluister van tik tok):
Of beteken geweld – geen ekstra geld?

Stilte

– tik
Stem twee – tok:
Gemaklike loop pas - fluister : Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok

Stem Een - (man agter op verhoog beweeg oor verhoog vorentoe in rigting van

Stem Twee - begin terselfdertyd as Grootkoor en roep luidkeels sodat hy hoorbaar is bo-oor Grootkoor se twee stemmige gefluister van tik tok):
Of beteken geweld – geen ekstra geld?

Stilte

VOLLE KOOR UIT VOLLE BORS:
Honger-nood druk duisende wreed tot hul dreig-kreet – gee geld of kry geweld!

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog / middelafstand van mikrofoon
Neus-teen-neus grom, knor, grou en snou jakkals en hond nou oor wie behou of verkry heerskappy?

VOLLE KOOR UIT VOLLE BORS:
Onvoldaan staan duisende reg met wapens en hul swaar gemoed om die mynbase te groet

Derduisende knopkierie en assegaai word kwaai geswaai, kwaai gedraai.

Duisende sweet. Duisende lywe blink. Duisende voete stamp.

Byklank Talle, talle voete wat stamp op grond.

Duisende voete stink.

Duisende se assegaai-lemme blink

Duisende se krisis-kreet klink

KOOR wat saamwerk as twee koorstemme:
Stem een – tik
Stem twee – tok:
Gemaklike loop pas - fluister : Tik Tok Tik Tok Tik Tok Tik Tok

VOLLE KOOR UIT VOLLE BORS:
Duisende, nou swaar belaai met woede en knopkierie as roede van hul mag vertrap alle rede vir vrede met wapendans en krisis-kreet: “geen geld - gee geweld!”

Die Loonjakkals skoert skarrelbeen en druipstert herwaarts ... derwaarts.

KOOR wat saamwerk as twee koorstemme:
Stem een – tik
Stem twee – tok:
Gemaklike loop pas - fluister : Tik Tok Tik Tok

VOLLE KOOR UIT VOLLE BORS:
Duisende ongepaai, lawaai kwaai in hul kreet om meer geld vir brood

Die vakbond-hond sluip stil en slu oral op die myngrond rond.

Duisende ongepaai met elke assegaai se mespunt ontbloot, ontbied die dood

Koor wat saamwerk as twee koorstemme:
Stem een – tik
Stem twee – tok:
Gemaklike loop pas - fluister : Tik Tok Tik Tok

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon

Die duisende weier om te skrik.

Die vakbond-hond sluip stil, slu oral op die myngrond rond.

Die tydbom tik.

Sal enigiets ooit hierdie geskil wil skik? Is die spanning eenvoudig te dik?

Die tydbom bars! Derduisende tande knars.

Byklank vir derduisende tande wat knars.

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
TV skerms oral oor, wys binne enkele uur hoe slaan duisende op vlug

Die dood snel hul agterna – koeëls tref party in die rug

Kyk hoe skote knal. Kyk hoe talle vlug.

Kyk hoe party val. Kyk hoe lekker-lelik lê lyke – oral!

Kyk hoe hang stof soos ‘n toe gordyn voor ‘n verhoog vol in die lug naby Lonmin se werf.

Luister hoe knal vuurwapens pal.

Byklank vuurwapens wat knal

Nou sing duisende hul roubeklag vol pyn met die refrein

VOLLE KOOR:
– “Lonmin is in onmin!”

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
Duisende, asof deur dood gestaal, herhaal die verhaal

VOLLE KOOR:
“Lonmin moet meer betaal”.

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
Hul klaag-vraag dring aan en dring deur

VOLLE KOOR:
“Lonmin, in onmin, moet meer betaal”.

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
O - hoe wyd strek winste ingewin deur bo-base van mynbou?!

VOLLE KOOR:
Die roubeklag span ’n wurg-ring. Die roubeklag word al hoe kleiner en in haas afgedwing op elke Hans en Klaas wat by Lonmin mynskag en kliptonnel grou.

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
“Bo base van Lonmin se mynbou - nou moet julle luister

Onthou hoe dooie werkers vir julle bevele oor meer betaal fluister, en daarna

VOLLE KOOR:
– terwyl duisende knopkieries in die lug draai, kom ’n bliksemse lawaai

wanneer werkers honderde assegaai-lemme herhaaldelik teen mekaar swaai

net om die gedonder van skree-stemme in te lei ten einde elke makker gedood

tot gesneuwelde held te verhewe in hierdie helse geweld en kabaal vir meer betaal.

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
Word die een se dood sodoende met veel minder waarde geag as die ander se brood?

Word die duisende se nood vir brood en aandring op meer kosgeld minder geag as die teenvoeter-woord in opdrag vir moord?

“Werkers jul vra geld vir brood – werkers ontmoet van agter af jul dood!”

Vir talle steek die onreg dwars-in-die-krop oor hierdie loongeskil by Wonderkop:

Die vakbond-hond sluip stil, slu oral op die myngrond rond.

Vryf enkele bose bo-base van mynbou nou stof uit hul oë?

Doen hulle ook alles binne hul vermoë om so min as moontlik te bly betaal

en steeds so veel wins as moontlik te kan behaal?

Word die kuns van ongeërg geen ag slaan op die waarde van ‘n mens se lewe so voldaan?

Maak baas, Hans en Klaas almal lewenskoste sodoende onderhewig aan waarde van lewe?

Te veel kry veels te min. Te min om brood te kan in, maar te veel na mynbase se sin.

Dit beteken net een ding: werkers sal deur af te dwing vir meer moet beding.

Bedeel die myn se bose bo-base te veel vir hulself deur brood van armes te wil steel?

Hiep-hop! Pas op!

VOLLE KOOR UIT VOLLE BORS:
Sonder-kop donder een en almal oppi koppie en word klipkop by - Wonderkop.

Stem drie - (enkel vertelstem van man in middel van verhoog /middelafstand van mikrofoon:
Want Loonjakkals se lyf is nou ’n lyk en lê kru stukkend-gekerf.

Dit lê op straat net buite Lonmin se grond en erf.

Wie gaan baat by Loonjakkals se lyk op straat?

Soveel dood aan vuurwapen-geweld bring hoeveel geld vir brood?

Beteken een loon-jakkals se dood ook duisende se brood?

Koor wat saamwerk as twee koorstemme:
Stem een – tik
Stem twee – tok:
Gemaklike loop pas - fluister : Tik Tok Tik Tok

(Slot – niks verder)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top