LitNet-spens: Waaihoek se Vinkel en Koljander

  • 0

Naam van skrywer

Nico Luwes

Naam van teks

Waaihoek se Vinkel en Koljander

Subgenre

Afrikaanse multikulturele komiese musiekspel

Kort opsomming 

Waaihoek is ’n multikulturele musikale klug met sang en dans, geskryf met die doel om soveel moontlike geleenthede te skep aan plaaslike toneelspelers, dansers en musikante om hulle talente te ontwikkel.

Dit is ’n komiese musiekspel gegrond op verwarrende persoonlikhede. Dit speel af in die vyftigerjare, in Waaihoek, die destydse grys woongebied in Bloemfontein ’n paar jaar voordat dit sou verdwyn, soos Distrik Ses in Kaapstad. Vinkel en Koljander, identiese tweelingbroers,  is as kinders in Distrik Ses per ongeluk geskei. Klein Vinkel beland per ongeluk op ’n trein waar hy aan die slaap raak, en eers weer in Bloemfontein wakker skrik en afklim. Niemand weet wie hy is en waar hy vandaan kom nie, maar iemand ontferm haar oor hom, en so word hy groot en trou met Siena wat hom alle hel gee, omdat hy oorkant die straat kuier By Adela – dame met ’n baie ou beroep! Dis daar waar die sop begin spat!

Koljander intussen, soek saam met sy vriend al jare na sy verlore broer, want eers as hy sy broer gevind het, kan hy sy erfporsie van sy Oupa kry. So beland hy en sy vriend na jare ook in Bloemfontein.

Nodeloos om te sê, vele skreeusnaakse komplikasies ontstaan as Vinkel vir Koljander aangesien word en ook andersom. ’n Verkorte weergawe met minder karakter is beskibaar wat net 45 minute speel. Die musiekbegeleiding is op CD beskikbaar by Nico.

Aantal spelers

Ongeveer 15 met dansers en orkes indien benodig

Vorige opvoerings

  • Pacofs 2003 Bloemfontein
  • Wynand Moutonteater UV Kampus 2003 en 2006

Pryse toegeken

Nasionale Kunsteraad-toekenning

Naam van kopiereghouer

Nico Luwes

Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte

Nico Luwes 0823742485 of Dept Drama, UV Posbus 339, Bloemfontein

>> Klik hier om die drama in PDF-formaat af te laai >>

<< Klik hier om terug te gaan na die LitNet-spens <<

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top