LitNet-spens: 'n Snoekie vir my Sweetheart


LitNet wil graag jou teks korrek bekendstel en jou regte help beskerm deur die nodige inligting rondom kopie- en opvoerregte saam met jou teks te publiseer. LitNet aanvaar egter geen verantwoordelikheid vir die op-/uitvoer van tekste wat sonder toestemming geskied nie. 

Vul asseblief die onderstaande vorm in en stuur dit saam met jou teks, ’n kort bio en foto aan spens@litnet.co.za

lambcoverNaam van skrywer

Nico Luwes

Naam van teks

'n Snoekie vir my Sweetheart

Subgenre

Komedie 

Aantal spelers

Tien. Ten minste twee mans. 


Karakters 

Radio – Manlike of vroulike stem wat vooraf opgeneem is.

Jênnit April – ‘n Jong huisvroutjie. Valerig, absoluut verlief op haar man.

Percy April (Sweetheart) – haar man.

Sammie – ‘n Goedige Spaza-shop eienaar (sou ook ‘n vrou, Suzie, kon wees).

Buksie Jacobs – ‘n Jong, bangerige polisiekonstabel op radiodiens en verhoog.

‘Sarge’ Straatvalk September – Percy se polisiekollega. Ongelukkig getroud.

Blits Julies – Polisie Inspector wat rang gooi.

Flash van Dyk– Polisiefotograaf en "kunstenaar" (nie die manlikste lid van die SAP nie en indien gespeel deur ‘n vrou, nie die vroulikste lid van die SAP nie en sy sou die naam, Flash, kon behou).

Stitch November – Ambulansman of -vrou.

Driver Dirks – Ambulansbestuurder (man of vrou). 

Kort opsomming

‘n Snoekie vir my Sweetheart is ‘n verdere verwerkte kort, komiese eenbedryf van 25 bladsye losweg gebaseer op Roald Dahl se kortverhaal  Lamb to the Slaughter. Die keer slaat sy hom met ‘n snoek dood en ‘n nuwe einde met ‘n onverwagte kinkel word aangebied. Hierdie verwerking en weergawe speel ook in Bishop Lavis in die Kaap af met karakters en taal aangepas in Kaapse dialek. Meer karakters is bygeskryf om dit ‘n ook geskik te maak vir skolegroepe, amateurs, studente en natuurlik vir professionele opvoering. Die stuk speel af in ‘n woonstel waarin Jênnit en haar man, Sweatheart, woon. Die doodgelukkige Jênnit kom tot ‘n skok agter dat alles nie pluis is nie, neem wraak en die polisielede, ambulansmense en polisefotograaf raak betrokke in die komiese deurmekaarspul waarin Jênnit se snoekie natuurlik ‘n groot rol speel. Die einde is nuut. 

Vorige opvoerings 

Eers in Oktober 2015, UV Dramadepartement 

Naam van kopiereghouer

Nico Luwes of Dalro

Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte

Dalro of Prof Nico Luwes
Dept Drama
UV
Bloemfontein 
luwes@ufs.ac.za    

>> Klik hier om die teks in PDF-formaat af te laai >> 

nicoluwes
Nog teatertekste uit die pen van Nico Luwes: 

 

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top