Naam van skrywer
Irwin Shaw, vertaal deur JPJ van Rensburg
Naam van teks
Monoloog uit: Begrawe die dooies
Subgenre
Monoloog uit dramateks
Aantal spelers
1
Kort opsomming
Hierdie stuk speel af gedurende die Eerste Wêreldoorlog. Op die verhoog is ses grafte waarin die ses lyke regop staan en weier dat hulle begrawe word. Uit radeloosheid laat die Departement van Verdediging naderhand die lyke se naasbestaandes kom om hulle te oorreed om begrawe te word. Martha is ’n onvergenoegde, treurige vroutjie. Sy kom binne, soek na haar man Webster se lyk. Sy verwag hy sal haar groet, maar hy kyk net na haar. (As die bewegings beplan word, wees net versigtig dat jy nie in die graf val nie.)
Die monoloë word geplaas met die vergunning van DALRO. Kontak DALRO met betrekking tot opvoerregte. Klaswerk en oudisies is vrygestel van die betaal van tantième.
Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte
DALRO