LitNet: 'n beter leeservaring

  • 3

LitNet is deurlopend besig om te vernuwe om jou leeservaring te verbeter. Wat het verander? Hier is 'n lys van die mees onlangse veranderinge. Watter funksionaliteit sou jy graag op LitNet wou sien? Ondervind jy enige probleme? Stuur 'n boodskap per e-pos aan litnet@litnet.co.za.

LitNet-navigasie

NUUT:

  • Lopende kommentaar | Running commentary is bygevoeg. Hier vind jy al die kommentaar soos dit op LitNet verskyn.
  • By Pasgelaai | New on LitNet kry jy al die artikels soos dit op LitNet verskyn.
  • Engels se navigasie is aangepas sodat jy maklik die afdeling van jou keuse kan kies.
  • Sanlam Sing ’it is nou deel van die hoofnavigasie.

RES-voere

Jy kan inteken op LitNet se RES-voere (RSS) om in kennis gestel te word van alle nuwe artikels wat op LitNet verskyn, of van nuwe artikels in 'n spesifieke LitNet-afdeling, bv Resensies, Hygliteratuur of SêNet. Klik op hierdie skakel en volg die eenvoudige instruksies boaan die bladsy.

NUUT:

  • Jy kan nou ook inteken om RES-voere van die Engelse artikels wat op LitNet verskyn te kry.

Kommentaar

NUUT: LEES KOMMENTAAR

  • Alle kommentaar op LitNet-artikels is hier beskikbaar, met 'n skakel na die artikel waarop die kommentaar gelewer is. LET WEL: Die nuwe Firefox-webblaaier verhoed dat 'n lang skrip oopmaak sonder jou toestemming. Indien jy 'n "Unresponsive script"-blokkie op jou skerm kry, klik op "Continue" en die webblad sal verder reg oopmaak.
  • Is jy 'n bydraer tot LitNet? Jy het die keuse om op jou profiel te merk dat jy kennisgewings wil ontvang indien iemand op jou artikel kommentaar lewer. Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za vir navrae of om toegang tot jou LitNet-profiel te verkry.

NUUT: LEWER KOMMENTAAR

Daar is nou twee maniere om kommentaar te lewer op LitNet.

1. Kommentaar sonder om in te teken

Gaan na heel onder op die artikelblad, vul jou naam en e-pos-adres in en lewer kommentaar. LET WEL: Alle kommentaar op LitNet is onderhewig aan moderering en jou kommentaar sal nie onmiddellik verskyn nie.

2. Kommentaar as geregistreerde LitNetter

Registreer as LitNetter om jou eie profiel op LitNet te skep (jy kan self jou profiel redigeer, en al jou LitNet-bydraes verskyn daarop).

Teken in om te reageer, want:

  • Jy hoef nie met elke kommentaar weer jou besonderhede in te vul nie.
  • Jy kan kies om kennisgewings te ontvang indien verdere kommentaar op die betrokke LitNet-artikel verskyn. Jy het ook die opsie om later weer hierdie kennisgewings te kanselleer.
  • Jou kommentaar word aan jou LitNet-profiel gekoppel.

Jongste artikels, meeste gelees, meeste kommentaar, meeste gedeel

Dié geriefie in die regterkolom van LitNet gee vir jou vinnige toegang tot die jongste artikels, sowel as die artikels wat die meeste gelees, gedeel of kommentaar op gelewer is.

NUUT:

Die programmering van "meeste gelees", "meeste kommentaar" en "meeste gedeel" is verander sodat slegs artikels en statistiek van die laaste 14 dae gebruik word in die berekening daarvan. Hierdie lyste sal dus nie meer ou artikels vertoon nie en is 'n uitstekende aanduiding van wat op LitNet gebeur.

Makliker navigasie tussen artikels

NUUT:

Elke afdeling lys nou die laaste 10 artikels wat verskyn het (voorheen is slegs vyf vertoon). Klik op Argief | Archive onder aan hierdie lys vir die volledige lys van artikels wat in dié afdeling verskyn het.

Onder aan elke artikelblad is 'n skakel na Volgende|Next wat jou na die volgende artikel in die afdeling neem. Indien jy op Terug|Back klik, gaan jy na die vorige blad wat jy besoek het.

Soekfunksie vir bydraers

NUUT:

Op soek na 'n spesifieke bydraer? Klik op Bydraers | Contributors op die soekblad om 'n spesifieke bydraer-soektog te doen. LET WEL: Indien 'n LitNetter sy profiel as "privaat" gemerk het, sal dit nie wys in die resultate van die soektog nie.

Druk van LitNet-artikels

Die drukformaat van artikels is verander om 'n netjieser uitleg te verseker.

 

 

 

  • 3

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    LitNet was goed en onontbeerlik en is nou selfs beter. Die verbeterings was nie sonder harde werk en toewyding moontlik nie. Baie geluk en baie dankie!

    Johannes Comestor

  • WOW!

    Nou toe – hoe meer dae hoe slimmer dinge. Dankie LitNet, vir al die heerlike leeservaringe. Asook harde werk! Waardeer. 

    Trienie

  • Al die werk en koste word waardeer. My kommentaar (met die witbrood onder die arm!) is oor SêNet.

    Jy klik op die skrywer se naam en sien dis 'n private profiel. Dis in orde as die skrywer dit so verkies, maar wat vir my nie sin maak nie is dat sodanige skrywers se vorige briewe nie gelys word nie. Dit behoort wel hier gelys te word. Die ou is dalk skaam maar sal seker bly wees as sy vorige pogings gelees word(?) en dit vergemaklik dinge vir almal.

    As ek self 'n bydrae lewer word ek in kennis gestel van kommentaar daarop - dis 'n diens wat waardeer word. Om egter op die hoogte van enige ander skrywer se sake te bly moet jy vir 'n paar dae lank elke dag sy bydrae oproep om te sien of daar verdere ontwikkelings is. Ek wil voorstel dat wanneer 'n bydrae geplaas word daar 'n "0" (nul) agter die skrywer se naam verskyn. Elke keer wanneer daar kommentaar gelewer word skuif hierdie syfer op. Dit sal beteken dat meer bydraes gelees word en dat daar (hopelik) meer kommentaar gelewer sal word.

    George Bekker

    Dankie George - ons neem kennis van jou voorstelle. - Webvoet

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top