LitNet kuier by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans

  • 0
Wat doen die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans? Vandag traktéér hulle.
Op 9 Julie 2013 neem hul afskeid van Ria Olivier (vorige hoof van die SBA en nou verbonde aan die Afrikaanse Taalraad).
Die SBA heet ook vir Ronelia Brand welkom. Sy is die nuwe kantoorbestuurder.
Naomi Meyer, inhoudsbestuurder van LitNet, kon deel in die feesviering by die SBA se kantoor in Bellville. Hier staan Danie van Wyk, Hoof Uitvoerende Beampte van die SBA, langs haar. (Foto: Christine Francke)
Wie is nog betrokke by die SBA? Adri Meadon is Projekbestuurder: Volwassenes.
Christine Francke is Projekbestuurder: Skole.
Henk van der Laan is die finansiële bestuurder.
Ria Olivier en Danie van Wyk het albei in Fraserburg grootgeword.
Ria was nog destyds Danie se Afrikaansdosent by die UWK.
Nou-nou was hulle nog skugter vir die kamera ...
Ronelia Brand is al klaar lekker ingeburger, vertel Danie van Wyk.
So lyk die res van die kantoor ... Hier vertoon Christine Francke en Danie van Wyk die logo van die SBA.
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bemagtig. Hulle ontwerp Afrikaanstalige materiaal vir skoolkinders.
Die SBA wys vir kinders dat die vier seisoene so deel is van hul verwysingsraamwerk soos hul moedertaal.
Danie van Wyk vertoon twee tasse met die SBA se logo.
Danie van Wyk het die kantoor "feestelik, gelukkig, gesellig ..." ingerig.
Eens op 'n tyd was hierdie 'n plekmatjie op 'n tafel ...
... en hierdie ook.
Naomi Meyer bedank Danie van Wyk vir die aangename besoek. (Foto: Christine Francke)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top