LitNet voel dis belangrik om nuwe boeke te koop. Hoekom stem jy saam? Skryf vir ons 'n slagspreuk (minder as 30 woorde).
Soos: Koop 'n boek, verloor jou hart. Bespaar op boeke, verloor jou siel.
Stuur jou slagspreuk teen 10 November 2015 na wen@litnet.co.za. Slegs een slagspreuk per persoon.*
Jy kan 'n heerlike boekpakkie wen:
- Dis ek, Anna: Die volle verhaal, Anchien Troskie en Elbie Lötter (Kwela)
- Inspirasie weekbeplanner & inkleurboek, Janine Bevolo-Monders (LAPA)
- Bybelstories vir Kinders, Wendy Maartens (Struik)
- Suzelle DIY Die Boek (Human & Rousseau)
- Encore, SA-verhoogsterre se hartsresepte (Human & Rousseau).
Lees ook die volgende onderhoud oor boekaankope en besparingswenke. Standard Bank het onvoorwaardelik hiervoor om verskoning gevra.
Boekwurms looi bankier se spaarplanne
Jean Oosthuizen |
*LitNet verkry die reg om jou slagspreuk in die toekoms op die webruimte te gebruik.
Kommentaar
Koop 'n boek, vernuwe jou siel.
'n Kraakvars reis uit 'n skrywerspen laat leser en skrywer wen!
Boek in jou hand smee 'n ewige band!
Lees 'n boek en word wys!
'n Nuwe boek is baie beter as 'n stuk koek!
Om te lees is om in 'n ander lewe te wees.
Koop 'n nuwe boek in jou eie taal
En word so deel van die wêreld se lesersverhaal
Sonder boeke is jy soos iemand sonder vriende ... verlore!
Elke boek is 'n nuwe avontuur; nuwe ontmoetings met vriende en vyande; 'n hartseer wanneer die einde nader.
Lees is 'n verslawing wat jou insig verbreed!
Die leeswurm se beker.
As volwassene het die donker en magtelose doodloopstraat van angs, uit die belewenis van 'n kind, in dié boek, Dis ek, Anna, my amper oorweldig.
Boeke is kennis, wat jy kan saamneem na al die uithoeke van die wêreld. Ewigdurende vriende.
Lees is vet pret en dit verryk jou siel ...
Ontvlug na 'n ander wêreld - Lees 'n boek. Vir 'n reisplan - Koop 'n boek
Dag na dag blaai ek deur jou, ek lees jou dag na dag ... jy is my sielskos!
O m 'n boek te lees is soos om asem te haal ... diep en rustig asem te haal!
Met boeke is jy altyd in uitgelese geselskap.
Boeke is uniek en kosbaar, 'n helder sonstraal vir 'n donker toekoms!
Boeke is kennis, en sonder kennis is jou wêreld vaal ...
'n Boek bied vir jou 'n ontsnappingsroete uit die alledaagse lewe, lees 'n boek en begin 'n reistog na onbekende bestemmings.
'n Lewe sonder boeke beteken 'n barre bestaan vir gees, siel en liggaam.
Koop boeke, drink woorde, eet sinne. Boeke is maats, mentors, minnaars: ontdek die opwinding, die wysheid; die geur van ʼn nuwe boek wat oopgeblaai word. Neem 'n snuif towerkrag.
Koop boeke, drink woorde, eet sinne. Boeke is maats, mentors, minnaars: ontdek die opwinding, die wysheid; die geur van ʼn nuwe boek wat oopgeblaai word. Neem ’n snuif pennekrag.
Op julle merke,
boeke gee vlerke
Om 'n boek te koop, is soos om 'n vriend te hê waarna jy kan terugkeer. Keer op keer.
'n Boek 'n dag gee kennis en mag.
In die vryheid van 'n boek vind ek weer dele van myself.
Boeke is reiskaartjies na nuwe bestemmings.