LitNet Boekeliefde-kompetisie

  • 28

LitNet voel dis belangrik om nuwe boeke te koop. Hoekom stem jy saam? Skryf vir ons 'n slagspreuk (minder as 30 woorde).

Soos: Koop 'n boek, verloor jou hart. Bespaar op boeke, verloor jou siel.

Stuur jou slagspreuk teen 10 November 2015 na wen@litnet.co.za. Slegs een slagspreuk per persoon.* 

Jy kan 'n heerlike boekpakkie wen:

boekeliefde_boekpakkie


Lees ook die volgende onderhoud oor boekaankope en besparingswenke. Standard Bank het onvoorwaardelik hiervoor om verskoning gevra.

Boekwurms looi bankier se spaarplanne

Jean Oosthuizen
Menings

 

*LitNet verkry die reg om jou slagspreuk in die toekoms op die webruimte te gebruik.

 

  • 28

Kommentaar

  • Lien Wekthagen

    Elke boek is 'n nuwe avontuur; nuwe ontmoetings met vriende en vyande; 'n hartseer wanneer die einde nader.
    Lees is 'n verslawing wat jou insig verbreed!

  • As volwassene het die donker en magtelose doodloopstraat van angs, uit die belewenis van 'n kind, in dié boek, Dis ek, Anna, my amper oorweldig.

  • Dalene Wright

    Boeke is kennis, wat jy kan saamneem na al die uithoeke van die wêreld. Ewigdurende vriende.

  • Annette le Grange

    'n Boek bied vir jou 'n ontsnappingsroete uit die alledaagse lewe, lees 'n boek en begin 'n reistog na onbekende bestemmings.

  • Celesté Fritze

    Koop boeke, drink woorde, eet sinne. Boeke is maats, mentors, minnaars: ontdek die opwinding, die wysheid; die geur van ʼn nuwe boek wat oopgeblaai word. Neem 'n snuif towerkrag.

  • Celesté Fritze

    Koop boeke, drink woorde, eet sinne. Boeke is maats, mentors, minnaars: ontdek die opwinding, die wysheid; die geur van ʼn nuwe boek wat oopgeblaai word. Neem ’n snuif pennekrag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top