Lien Botha oor haar werke by Then & Now: Conversations in Time

  • 0

Die kunsuitstalling Then & Now: Conversations in Time is op die oomblik by die Barnard Gallery op uitstalling. Lien Botha is een van die kunstenaars wie se werke hier te sien is. Sy deel twee van haar kunswerke uit verskillende tydperke van haar lewe en haar gedagteprosesse omtrent daardie tyd van haar lewe/dié kuns.

Transferred uit Boxing Days, 1997

Vyftien jaar het verloop tussen die twee fotografiese werke.

Steeds ploeter ek voort tussen daardie fragmentariese reflekse wat bestaan tussen die natuur en die mens. Asof die een van die ander geskei kan word? Die beelde ontstaan uit dieselfde bodem, die melancholiese (mal) Visman is ook te vinde in die onderstebo Vlinder wat hang in daardie muwwerige museum in  Paul Krugerstraat, Pretoria.

“Although they are inherently poetic in their elusiveness, Botha’s photographs are sharply realist in their references to the dark social patterns of South African history. Her speculations on our violent past, the nature of reality, and the unreality of nature, create startling images of the world we know and do not know, and glimpse darkly in memory, nightmare and recorded testimony.” (Marion Arnold, "Boxing Days"-katalogus, 1997)

Ditsong Museum of Natural History IV, Pretoria, 2011

Lees ook: http://barnardgallery.com/exhibitions/then-now-conversations-in-time/more-info/

Die kunsuitstalling duur tot 15 Junie 2015.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top