LGBTQ-verteenwoordiging

  • 2

Daar is eenvoudig geen gay verkose verteenwoordigers nie. Self-aangestelde gay aktiviste het hierdie rol vir hulself geëien.  Hulle fundering kom nie eers van die breër Suid-Afrikaanse gay gemeenskap nie, en net soos die gay organisasie “OUT” merendeels gefundeer word deur non-gay organisasies soos: COC Nederland; Shell; VSA staats dept., Open Society Foundation, ens. (http://out.org.za/index.php/about-out/funders), geld dit ook vir hulle. Sonder hierdie skenker/befondsing, kan hierdie gay organisasies nie hulle doelwitte bereik nie.

Die ou gesegde “Money Talks” is so waar. Uit vrees vir befondsing onttrekking, praat die LGBTQ-organisasie die politiek van hulle skenkers, en geensins die politiek van die breër gay gemeenskap oor sake wat gaywees geensins raak nie.

Die staat word befonds deur belasting; kerke deur lidmaat-tiendes en offergawes; organisasies soos AfriForum deur lede-subskripsies, ens. As gevolg hiervan kan hulle praat sonder derdeparty invloede.  Die sogenaamde LGBTQ-“leierskap” het geensins daardie voordeel nie. Die LGBTQ-organisasie se politiek is ge-“piggyback” op die van die internasionale Menseregtekommissie en die van hulle skenkers.  Ongetwyfeld doen hierdie befondsing verskriklik baie tot voordeel van die breër gay gemeenskap wat te danke is, solank dit nie gepaard gaan met lyntjies tot eie voordeel getrek nie.

Wat is die politiek van die Suid-Afrikaanse gay gemeenskap?  Daar is soos die geval met die breër heteroseksuele gemeenskap, met die gays ook, geen sentrale aanhang van ideologie nie. Gays word proporsioneel oor die volle politieke spektrum, soortgelyk aan hulle heteroseksuele eweknie, gevind.  Dit was al beweer dat selfs wyle ET, vorige AWB leier, ’n gay streep in hom gehad het!

In die VSA praat die LBGTQ-“leierkap” linkse politiek saam met die taal van hulle linksgesinde skenkers.  Daar was geen “gay march” vir linksgesinde Hillary Clinton nie, wel massiewe openbare vertoon van ondersteuning deur gays vir Donald Trump gewees. Sekere Moslems wil gays doodmaak, en Hillary se beleid was om hulle immigrasie na die VSA te bevorder.  Donald huldig ’n teenoorgestelde siening, die dat hy en nie Hillary van gays publieke steun gekry het.

Vir SA-staatsbeskerming en hulp aan gays, lees:  http://www.justice.gov.za/vg/lgbti/2014-LGBTI-faq.pdf

 

  • 2

Kommentaar

  • Dink jy nie jy moet by Google en You-tube eerste aanklop vir befondsing nie? Gesien hulle vra hartlik om verskoning. Hoekom nou hier op die Sê eerste aanklop?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top