Lewende fossiel

  • 8

Hoe nou met Darwin en ewolusie?

Hans Richardt
  • 8

Kommentaar

  • Ja, ek vra ook hoe nou met Darwin? Darwin se evolusieteorie is nie eens gebaseer op fossiele nie. Hy het geweet van fossiele, en die eerste keer dat hy melding daarvan maak in sy Origins of Species, is in die hoofstuk "On the imperfections of the Geological Record". Hy wys daarop dat natuurlike seleksie waarneembaar is ongeag die ontdekking van fossiele.

    Die evolusieteorie is natuurlik versterk met die ontdekking en studie van fossiele. Sogenaamde lewende fossiele bestaan en daar is talle voorbeelde daarvan. As die omgewing nie verandering vereis nie, waarom moet 'n organisme dan verander?

  • Hans Richardt

    Ek dink dat die mens nog as fossielvorm bestaan. Die mens met al sy kennis, het nog geen integrasie met bv rekenaars, as lewende rekenaar, wat self kan ontwikkel nie.
    Verder is daar nog geen genetiese manupilasie om mense met beter mentaliteit te kweek nie.
    In die opsig stagneer ewolusie.

  • Die evolusieteorie sê dat organismes oor 'n lang tyd verander, maar sekere organismes verander langsamer as ander. Lewende fossiele soos die coelacanth, die nautilus en ook die ginkgoplant het so min verander dat hulle vir ons 'n kykie in die verre verlede gee. Die haai is dus 'n interessante ontdekking.

  • As jy mense nogal wil "kweek" met "'n beter mentaliteit" en dit nogal deur "genetiese manipulasie", sal jy in groot moeilikheid kom.

    Wat bedoel jy met die "integrasie" wat die mens moet hê met lewende rekenaars wat self kan ontwikkel?

  • Hans Richardt

    Angus, al gehoor van die nuwe tipe "chip" waaraan bv IBM werk? Tyd om te lees, tegnologiese ontwikkeling gebeur daagliks op ander kontinente, nie juis in Afrika waar daar nog gesukkel word om van kleptokrate te raak.

  • Hans Richardt

    Angus Neuro-morfiese posering sal die DNA verander teen 2030, om mens te integreer met superrekenaars ten einde mens ook supermens te maak, wat kompeterend moet wees met rekenaars in bv vervaardigingsbedryf.
    Goed soos muis, rekenaarskerm en sleutelbord sal verdwyn. Die mens sal interaksie hê dmv brein-mikroskyfie direk met superrekenaars, terwyl rekenaars self hul eie 'denkprosesse' sal ontwikkel deur leerervaringe. Klink vergesog? Dis die nuwe rekenaar waaraan Chinese en VSA-maatskappye hard werk.

  • Hans Richardt

    Slimfoontegnologie word tans ontwikkel, om mbv nano-mediese robotte in bloedstroom jou basiese mediese diagnose via slimtelefoon na mediese praktisyn se rekenaars te stuur vir diagnose voor jy in spreekkamer sit en wag.
    Soos met sekere operasies alreeds, gaan mediese tegnoloë deel wees van dokter se spreekkamer in toekoms.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top